Verskil tussen weergawes van "Geelbekeend"

14 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
Uitleg van bronteks
(toevoeg)
(Uitleg van bronteks)
Die '''geelbekeend''' (''Anas undulata'') is 'n algemene [[standvoël]] in Suidelike-Afrika.
 
== Identifikasie ==
Die [[eend]]e is grys met 'n donkerder kop en 'n heldergeel snawel. Die snawel het 'n swart kol in die middel. Die vlerke is witterig aan die onderkant, en van bo gesien vertoon wit-begrensde groen hoofvere.
 
== Habitat ==
Hierdie eend verkies vars [[water]] in redelik oop gebied.
 
Die '''geelbekeend''' is 'n plantvreter en 'n dageend, d.w.s. hy is bedags aktief.
 
== Verspreiding ==
Hulle is baie volop en vorm soms groot swerms wat wydverspreid is in [[Suid-Afrika]] en Oos-Afrika.
 
== Geluid ==
Die manlike eend uiter 'n fluitgeluid en die vroulike eend 'n ''kwêk''-geluid.
 
== Subspesies ==
* ''A. u. rueppelli''
* ''A. u. undulata''
 
== Ander name ==
* [[Engels]]e naam: ''Yellow-billed Duck''
* Wetenskaplike naam: ''Anas undulata''
 
== Sien ook ==
* [[Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls]]
* [[Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)]]
400 691

wysigings