Verskil tussen weergawes van "Grootvors"

6 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
Uitleg van bronteks
k (Kategorieë gealfabetiseer)
(Uitleg van bronteks)
 
Die titel grootvors word meestal in [[Afrikaans]] as "groothertog" vertaal onder invloed van [[Engels]], wat nie ’n aparte woord vir "vors" het nie.
== Gebruik ==
Die woord is in Slawiese en Baltiese tale gebruik as titel vir die [[Middeleeue|Middeleeuse]] heerser van ’n taamlike los konfederasie, waarvan die onderskeie dele deur mindere prinse regeer is. In Rusland was grootprins vanaf die [[10de eeu]] die titel van die leiers van die belangrikste stadstate van [[Kiëf-Roes]] – eers [[Kiëf]] en daarna ander groot stede soos [[Wladimir]], [[Twer]], [[Jaroslawl]], [[Smolensk]], ens. Van 1328 af het die mag in Moskou gesentreer en was die grootvors van Moskou hoof van die hele Rusland (toe bekend as die [[Moskowië|Grootvorstedom van Moskou]]), totdat Iwan IV in 1547 as tsaar gekroon is.
 
In 1582 het koning [[Johan III van Swede]] "grootvors van Finland" gevoeg by die titels van Sweedse konings. Dit was egter nie van veel betekenis nie aangesien [[Finland]] reeds deel van die Sweedse koninkryk was. Die [[Heilige Romeinse Ryk]] se heersers van die Huis van [[Habsburg]] het in 1765 ’n soortgelyke grootvorstedom ingestel in [[Transilvanië]] (Siebenburgen).
 
== Russiese grootvorste ==
''Weliki knjaz'' (letterlik "grootprins") was ook die titel van die kinders, en die kinders van die seuns, van die keisers van Rusland. Hulle was egter nie heersers nie. Die vroulike vorm is ''welikaja knjaginja'', soos wat die titel was van keiser [[Nikolaas II van Rusland|Nikolaas II]] se vier dogters. Dit word ook meestal in Afrikaans vertaal as "groothertog" en "groothertogin".
 
== Verwysings ==
*[[Lêer:Crystal txt.png|15px]] Hierdie artikel is vertaal uit die [[:en:Grand prince|Engelse]] en die [[:nl:Grootvorst|Nederlandse Wikipedia]]
 
339 589

wysigings