Verskil tussen weergawes van "Kaapstad-Kasteel (kiesafdeling)"

Uitleg van bronteks
k (Kategorieë gealfabetiseer)
(Uitleg van bronteks)
'''Kaapstad-Kasteel''' was een van die 150 kiesafdelings vir die eerste Volksraadsverkiesing op [[15 September]] [[1910]] in [[Suid-Afrika]] ná [[Uniewording]] op [[31 Mei]] daardie jaar.
 
== 1910-1924 ==
Die [[Unionisteparty]] se [[Morris Alexander]] wen die eerste verkiesing met 'n meerderheid van 702 bo die onafhanklike B. Upington en die [[Regerende Party]] se R. Forsyth. Ook in die ander drie middestadskiesafdelings van Kaapstad ([[Kaapstad-Hawe (kiesafdeling)|Kaapstad-Hawe]], [[Kaapstad-Sentraal (kiesafdeling)|Kaapstad-Sentraal]] en [[Kaapstad-Tuine (kiesafdeling)|Kaapstad-Tuine]]) het die Unioniste in die eerste verkiesing gewen. In 1915 maak die party weer skoonskip in die middestadskiesafdelings en in Kaapstad-Kasteel word [[Morris Alexander]] onbestrede verkies. In 1920 staan R.E. Farr as onafhanklike teen hom, maar Alxeander wen met 503 stemme nadat net 54,9% van die geregistreerde kiesers gaan stem het. Die eerste keer wen 'n ander party 'n middestad-setel toe R. Forsyth, nou 'n kandidaat vir die [[Arbeidersparty (Suid-Afrika, 1910)|Arbeidersparty]], die pyp rook in [[Kaapstad-Tuine (kiesafdeling)|Kaapstad-Tuine]].
 
In 1921, nadat die [[Suid-Afrikaanse Party]] en die [[Unionisteparty]] saamgesmelt het, word [[Morris Alexander]], wat blykbaar nie te vinde was vir die samesmelting nie, onbestrede as Konstitusionele Demokraat in Kaapstad-Kasteel verkies. In die ander drie kiesafdelings maak die S.A.P. egter skoonskip. Ná die daaropvolgende afbakening staan die kiesafdeling bekend as Kaapstad-Hanoverstraat. In 1924 wen [[Morris Alexander]] weer as Konstitusionele Demokraat, maar met net 124 stemme teen I. Purcell van die S.A.P.
 
== 1929-1953 ==
Teen die verkiesing van 1929 is die naam terug verander na Kaapstad-Kasteel. [[Morris Alexander]] staan in die verkiesing as Arbeider-Cresswelliet in [[Kaapstad-Tuine (kiesafdeling)|Kaapstad-Tuine]], maar verloor met 144 stemme teen die S.A.P.-kandidaat, C.W.A. Coulter. Die S.A.P. slaag uiteindelik daarin om Kaapstad-Kasteel te wen toe A.J. MacCullum 'n meerderheid van 741 stemme bo die onafhanklike J. Frank behaal. In 1933 is [[Morris Alexander]] 'n S.A.P.-kandidaat en word hy onbestrede verkies in Kaapstad-Kasteel. In 1938, ná die totstandkoming van die [[Verenigde Party]], word hy vir daardie party met 'n meerderheid van 1 343 teen H. Snitcher van die Sosialiste Party verkies met R.F. Strange van die [[Dominiumparty]] derde met slegs 385 stemme.
 
In 1943 gaan [[Morris Alexander]] weereens onbestrede Volksraad toe, maar voor die verkiesing van 1948 sterf hy op [[23 Januarie]] [[1946]]. In die tussenverkiesing op [[4 April]] [[1946]] wen A. Bloomberg die setel vir die Verenigde Party met 'n meerderheid van 2 738 stemme. In die tweede plek is weer die Sosialis H. Snitcher. A.W.H. Rose, 'n onafhanklike kandidaat is derde met 597 stemme. A. Bloomberg word dan ook onbestrede verkies in die algemene verkiesing op [[26 Mei]] [[1948]] en weer in 1953, waarna Kaapstad-Kasteel afgeskaf is.
 
== Partye en kandidate gewen ==
* 1910 - [[Morris Alexander]] van die [[Unionisteparty]]
* 1915 - [[Morris Alexander]] van die [[Unionisteparty]] (onbestrede)
* 1953 - A. Bloomberg van die [[Verenigde Party]] (onbestrede)
 
== Sien ook ==
* [[Bellville (kiesafdeling)|Bellville]], [[Claremont (kiesafdeling)|Claremont]], [[Constantia (kiesafdeling)|Constantia]], [[De Kuilen (kiesafdeling)|De Kuilen]], [[Durbanville (kiesafdeling)|Durbanville]], [[Groenpunt (kiesafdeling)|Groenpunt]], [[Groote Schuur (kiesafdeling)|Groote Schuur]], [[Kaapse Vlakte (kiesafdeling)|Kaapse Vlakte]], [[Kaapstad-Hawe (kiesafdeling)|Kaapstad-Hawe]], [[Kaapstad-Sentraal (kiesafdeling)|Kaapstad-Sentraal]], [[Kaapstad-Tuine (kiesafdeling)|Kaapstad-Tuine]], [[Liesbeek (kiesafdeling)|Liesbeek]], [[Maitland (kiesafdeling)|Maitland]], [[Mowbray (kiesafdeling)|Mowbray]], [[Nuweland (kiesafdeling)|Nuweland]], [[Parow (kiesafdeling)|Parow]], [[Pinelands (kiesafdeling)|Pinelands]], [[Rondebosch (kiesafdeling)|Rondebosch]], [[Seepunt (kiesafdeling)|Seepunt]], [[Simonstad (kiesafdeling)|Simonstad]], [[Soutrivier (kiesafdeling)|Soutrivier]], [[Suid-Skiereiland (kiesafdeling)|Suid-Skiereiland]], [[Tygervallei (kiesafdeling)|Tygervallei]], [[Vasco (kiesafdeling)|Vasco]], [[Woodstock (kiesafdeling)|Woodstock]], [[Wynberg (kiesafdeling)|Wynberg]]
* [[Kleurlingstemregvraagstuk]]
 
== Bronne ==
* ''Amptelike Jaarboek van die Republiek van Suid-Afrika 1983''. 1983. Johannesburg: Chris van Rensburgpublikasies.
* Schoeman, B.M. 1977. ''Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976''. Pretoria: Aktuele Publikasies.
398 811

wysigings