Verskil tussen weergawes van "Kamoeflering"

Uitleg van bronteks
k (wikidata interwiki)
(Uitleg van bronteks)
'''Kamoeflering''' is die vermomming of wegsteek van voorwerpe deur die toepassing van [[kleur]] en vorm sodat 'n objek wat normaalweg sigbaar is teen die agtergrond verdwyn of moeilik uitkenbaar is. Kamoeflering is 'n vorm van misleiding. Die woord kamoeflering is afkomstig van die [[Frans]]e woord ''camoufler'', wat beteken "om te verdoesel".
 
== Militêre toepassing ==
Soldate en militêre toerusting word dikwels gekamoefleer sodat die vyand hulle nie maklik kan opmerk nie.
 
== Plante en diere ==
[[Plant]]e en [[dier]]e gebruik ook kamoeflering as 'n oorlewingstrategie. 'n Jagter kan homself vir sy prooi kamoefleer om sodoende voedsel te bekom. Die prooi kan ook kamoeflering inspan om te keer dat dit maklik uitgeken en gevang sal word.
 
Sommige diere, soos die [[glaskatvis]], is selfs deursigtig. Slegs hulle [[oë]] en sekere organe is sigbaar wat dit moeilik maak om hulle raak te sien as hulle stil in die water hang.
 
== Ander gebruike ==
Soms word alledaagse voorwerpe gekamoefleer om 'n meer estetiese omgewing te skep. As voorbeeld kan 'n [[selfoon]]toring soos 'n [[boom]] opgemaak word om dit by die omgewing te laat inpas.
 
402 080

wysigings