Verskil tussen weergawes van "Kenneth MacAlpin"

Uitleg van bronteks
(Uitleg van bronteks)
'''Cináed mac Ailpín''' ([[Skots-Gaelies]]: ''Coinneach mac Ailpein''), algemeen bekend as '''Kenneth MacAlpin''' en op die meeste koningslyste aangedui as '''Kenneth I'''; [[810]] – [[13 Februarie]] [[858]]) was ’n koning van die [[Pikte]] wat volgens Skotse [[mite]]s die eerste koning van [[Skotland]] was. Hy het dus ná sy dood ook bekend geraak onder die bynaam ''An Ferbasach'', "Die Veroweraar".<ref>Skene, ''Chronicles'', p. 83.</ref> Die dinastie wat vir die grootste deel van die [[Middeleeue]] oor Skotland regeer het, het van hom afgestam.
 
== Betwiste koningskap ==
Die mite oor Kenneth, veroweraar van die Pikte en stigter van die [[Koninkryk Alba]], het ontstaan ’n paar eeue ná die regte Kenneth se dood. Tydens die bewind van [[Kenneth II van Skotland|Kenneth II]], toe die Kronieke van die Konings van Alba saamgestel is, is geskryf:
 
Dit lyk dus of die huidige konsensus is dat die koningskappe van die Gaele en Pikte geleidelik vermeng het.<ref>Volgens Herbert, ''Rí Éirenn, Rí Alban, kingship and identity in the ninth and tenth centuries'', p. 71.</ref> Dit het begin by Kenneth en was voltooi teen die bewind van [[Constantine II van Skotland|Constantine II]]. Dit het daartoe gelei dat die titel "koning van die Pikte" verander het in "koning van Alba".
 
== Lewe ==
Kenneth se oorsprong is onduidelik, so ook enige verbintenisse met ander konings van die Pikte en Dál Riata. Uit ’n manuskrip van omstreeks 1130 blyk dit hy is ’n afstammeling van [[Malcolm II van Skotland]]. Middeleeuse stambome is nie baie betroubaar nie, maar baie historici aanvaar hy het afgestam van koning Cenél nGabráin van Dál Riata, of ten minste van ’n minder belangrike familie van dié koninkryk.
 
Tydens Kenneth se bewind was daar ook ’n toename van Nore aan die buitewyke van moderne Skotland. Shetland, Orkney, Caithness, Sutherland, die [[Buite-Hebride]] en die [[eiland Man]] het bewoon geraak; die bande tussen Kenneth se koninkryk en [[Ierland]] het verswak en dié met [[Engeland|Suid-Engeland]] en die vasteland is feitlik verbreek. In die lig hiervan moes Kenneth en sy opvolgers noodgedwonge hul posisie in hul koninkryk konsolideer, en die vereniging van die Pikte en die Gaele, wat reeds verskeie eeue lank gevorder het, is so bespoedig. Teen die tyd van Donald II is die konings nie meer koning van die Gaele of van die Skotte genoem nie, maar van Alba.<ref>Lynch, Michael, ''A New History of Scotland''</ref>
 
== Dood en nageslag ==
Kenneth is op 13 Februarie 858 aan ’n gewas dood, moontlik naby [[Scone, Perth and Kinross|Scone]]. Die annale berig oor die dood van die "koning van die Pikte", nie die "koning van Alba" nie. Laasgenoemde is eers gebruik in die tyd van Kenneth se kleinseuns, Donald II (Domnall mac Causantín) en Constantine II (Constantín mac Áeda).
 
Kenneth het minstens twee seuns agtergelaat, Constantine I en Áed, wat albei later koning geword het, asook minstens twee dogters. Een was getroud met Run, koning van die Koninkryk Strathclyde; uit dié huwelik is koning Eochaid van Skotland gebore. Die ander een het met twee belangrike Ierse konings getrou: Aed Finliath van die Cenél nEógain en Flann Sinna van Clann Cholmáin. As die vrou en ma van konings het die Annale van Ulster oor haar dood in 913 berig – buitengewoon in die mansgesentreerde kronieke van dié tyd.
 
== Verwysings ==
{{Verwysings|3}}
 
== Bronne ==
{{Refbegin|3}}
* John Bannerman, "The Scottish Takeover of Pictland" in Dauvit Broun & Thomas Owen Clancy (eds.) ''Spes Scotorum: Hope of Scots. Saint Columba, Iona and Scotland.'' T & T Clark, Edinburgh, 1999. ISBN 0-567-08682-8
{{Refend}}
 
== Eksterne skakels ==
*[http://www.ucc.ie/celt/published/G100001A/index.html Annale van Ulster, deel 1, by CELT] ([http://www.ucc.ie/celt/published/T100001A/index.html vertaal])
*[http://www.readbookonline.net/readOnLine/2026/ ’n Gedig deur Robert Louis Stevenson – Heather Ale]
411 783

wysigings