Verskil tussen weergawes van "Louise van Hesse-Kassel"

Uitleg van bronteks
(Uitleg van bronteks)
'''Louise van Hesse-Kassel''' ([[Duits]]: Luise Wilhelmine Friederike Caroline Auguste Julie von Hessen-Kassel; 7 September 1817 - 29 September 1898) was koningin van [[Denemarke]] as die vrou van [[Christiaan IX van Denemarke|koning Christiaan IX]].
 
== Afstamming ==
Louise van Hesse was ’n afstammeling van ’n antieke [[Duitsland|Duitse]] prinslike familie, die landgrawe van Hesse, maar het van driejarige ouderdom af in Denemarke gewoon en het ook Deense voorouers.
 
Sy was die dogter van prins Willem van Hesse-Kassel en prinses Charlotte van Denemarke. As ’n susterskind van [[Christiaan VIII van Denemarke|Christiaan VIII]], wat tussen 1839 en 1848 oor Denemarke regeer het, was Louise baie na aan die troonopvolging ná verskeie individue van die koningshuis wat oud en kinderloos was. Sy was een van die vroue wat van [[Frederik III van Denemarke]] afgestam het en kon die troon geërf het as die manlike lyn sou uitsterf.
 
== Huwelik ==
Louise is op 26 Mei 1842 in [[Kopenhagen]] getroud met haar kleinneef prins Christian van die [[Huis van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg]]. Hy is kort daarna verkies tot erfprins van Denemarke en het later die troon bestyg as Christiaan IX. Die huwelik het Christiaan se pogings versterk om die Deense troon te verseker, want dit het twee mededingende aanspraakmakers verenig, en hul kinders sou ’n groter band hê met die antieke bloedlyne van die Deense monargie.
 
In 1847 is prins Christiaan gekies as erfgenaam van die Deense troon deur [[Christiaan VIII van Denemarke|Christiaan VIII]], wat nie verwag het sy middeljarige seun, [[Frederik VII van Denemarke|Frederik VII]], sou nog enige seuns hê nie. Op 3 Julie 1853 het koning Frederik VII die opvolging goedgekeur en Christiaan en Louise het die kroonprins en {{nowrap|-prinses}} van Denemarke geword.
 
== Koningin van Denemarke ==
Op 15 November 1863 het Christiaan en Louise die koning en koningin van Denemarke geword. Hul huwelik is as gelukkig beskryf. Haar steun was vir hom belangrik en hy het op haar intelligensie, oordeel en sielkundige krag staatgemaak. Hul lewenstyl was eenvoudig en hulle is beskou as moreel korrekte rolmodelle.
 
Louise was 35 jaar lank koningin, langer as enige ander Deense koningin voor haar. In die laaste jare van haar lewe het sy doof geword en was sy afhanklik van die diakonesse van die diakonesinstellings wat sy gestig het as deel van haar omvattende welsynprojekte.
 
== Kinders ==
[[Beeld:Thedanishroyalfamily19th.jpg|thumb|200px|Die keiserin van Rusland, koningin Louise, die prinses van Wallis en die kroonprinses van Hannover in 1882.]]
 
Christiaan en Louise se kleinseuns sluit in [[Nikolaas II van Rusland]], [[Konstantyn I van Griekeland]], [[George V van die Verenigde Koninkryk]], [[Christiaan X van Denemarke]] en Haakon VII van Noorweë. Vandag is die meeste van die heersende en gewese heersende koninklike families van Europa direkte afstammelinge van hulle en van koningin Victoria.
 
== Bronne ==
* [http://www.kvinfo.dk/side/597/bio/1915/origin/170/ Dansk Kvindebiografisk Leksikon](in Deens)
* [http://runeberg.org/dbl/10/0403.html Dansk biografisk Lexikon / X. Bind. Laale - Løvenørn / ] (in Deens)
* [http://runeberg.org/salmonsen/2/15/1083.html Salmonsens konversationsleksikon / Anden Udgave / Bind XV: Kvadratrod—Ludmila /] (in Deens)
 
== Eksterne skakels ==
* [http://www.kongernessamling.dk/en/amalienborg/person/queen-louise/ Koningin Louise] op die webtuiste van die Royal Danish Collections by Amalienborg-paleis
*{{CommonsKategorie-inlyn|Louise of Hesse-Kassel}}
312 577

wysigings