Verskil tussen weergawes van "Marquard"

8 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
Uitleg van bronteks
k
(Uitleg van bronteks)
Die volksraad het toe 'n kommissie aangestel om die saak te ondersoek. Die kommissie het op [[13 Oktober|13]] en [[14 Oktober]] [[1904]] sitting gehou op Varschfontein waar ongeveer 80 boere teenwoordig was. H.G. Stuart het die stigting van 'n dorp baie sterk bepleit. Baie belangrik was 'n brief van ds. J.J.T. Marquard van [[NG gemeente Winburg|Winburg]] waarin hy hom ten gunste van 'n nuwe dorp uitgespreek het omdat die plaaslike NG gemeente so vinnig uitgebrei het dat dit nie langer deeglik bearbei kon word nie. As daar dadelik 'n nuwe dorp op Varschfontein gestig word, kon daar dadelik 'n nuwe gemeente in die lewe geroep word. Die kommissie het op [[16 Januarie]] [[1905]] 'n gunstige verslag aan die wetgewende vergadering voorgelê en die stigting van 'n nuwe dorp is goedgekeur. Uit dankbaarheid vir ds. Marquard se bystand het die dorpskommissie besluit om die dorp na hom te noem: Marquard. Op [[25 Mei]] [[1905]] is die eerste erwe op 'n openbare veiling verkoop.
 
== Distrik ==
Die distrik is 1 331&nbsp;km<sup>2</sup> groot. Die belangrikste produkte is [[suiwelproduk|suiwel]], [[wol]], [[koring]] en [[mielies]]. Die dorpie is geleë aan die Laaispruit, 'n sytak van die [[Vetrivier]].
 
* [[W.A. de Klerk]], 'n [[Afrikaans]]e [[skrywer]] en dramaturg.
 
== Sien ook ==
* [[NG gemeente Marquard]]
* [[Lys van dorpe in Suid-Afrika]]
 
== Bronne ==
* [[Op Pad in Suid-Afrika]]. [[B.P.J. Erasmus]]. 1995. ISBN 1-86842-026-4
* [[Ensiklopedie van Suidelike Afrika]], [[Eric Rosenthal]], 1967.
* {{af}} [[Phil Olivier|Olivier, ds. P.L.]], 1952. ''[[Ons gemeentelike feesalbum]]''. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
353 541

wysigings