Verskil tussen weergawes van "Operasie Gomorrha"

Uitleg van bronteks
(Uitleg van bronteks)
Altesaam 277&nbsp;000 woonstelle, 24 hospitale, 277 skole en 58 kerke is in die lugaanvalle vernietig.<ref>Broszat, Martin en Norbert Frei in samewerking met die Institut für Zeitgeschichte in München: ''PLOETZ - Das Dritte Reich''. Freiburg en Würzburg: Ploetz 1983, bl. 137</ref> Net soos in alle ander gevalle het [[Adolf Hitler]] geweier om 'n besoek aan die verwoeste Hamburg af te lê - hy het aanvanklik self gedreig om Britse stede "uit te wis" en het later nooit enige bomskade in Duitse stede met sy eie oë gesien nie.<ref>''Unser Jahrhundert im Bild'' (1985), bl. 573</ref>
 
== Die bombarderings ==
[[Beeld:Mahnmal Hamburger Strasse Hamburg Germany 28DEC2005.jpg|duimnael|regs|250px|'n Oorlogsmonument in Hamburger Straße]]
[[Beeld:Hamburg StNikolai Panorama.jpg|duimnael|links|190px|Die St. Nikolai-kerk was tussen 1874 en 1876 die hoogste gebou ter wêreld. Sy bouvalle het as 'n oorlogsmonument bewaar gebly]]
Die sewende en laaste groot aanval is op die nag van 2 Augustus deur 740 Britse bomwerpers uitgevoer. Vanweë 'n [[donderstorm]] wat oor Hamburg gewoed het kon die bombarderings nie doelgerig uitgevoer word nie. Ondanks 'n aantal groter brande (byvoorbeeld in die Staatsoperahuis van Hamburg) is daar geen grootskaalse brandskade berokken nie. Die aantal slagoffers is nie bekend nie, maar was waarskynlik duidelik kleiner as dié van die eerste of derde groot Britse lugaanval.
 
== Aanvalstegniek ==
Vir die bombarderings is 'n mengsel van brisant- en brandbomme gebruik. Die brisantbomme is doelgerig afgewerp en het met hulle drukkrag die dakke van huise afgeruk sodat die fosfor van die opvolgende brandbomme regstreeks in die woonstelle en trappehuise beland het. Trappehuise was gewoonlik uitsluitlik van hout gemaak en het sodoende die vlamme na die laagste verdiepings oorgedra sodat die huise volledig uitgebrand het.
 
Die bunkers wat ter beskerming van die bevolking gebou is was in die laaste fase van die oorlog net 'n beperkte toevlugsoord aangesien steeds groter bomme afgewerp is waarteen hulle nie meer kon standhou nie. Talle mense het versmoor omdat die woedende brande alle [[suurstof]] verbruik het.
 
== Verwysings ==
{{Vertaling/Verwysing|de|Operation Gomorrha|vertaaldatum=7 Januarie 2008}}
{{Verwysings|2}}
398 811

wysigings