Verskil tussen weergawes van "Paleogeen"

8 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
Uitleg van bronteks
(Uitleg van bronteks)
Dié periode bestaan uit drie [[Epog (geologie)|epogs]]: die [[Paleoseen]], [[Eoseen]] en [[Oligoseen]]. Die einde van die Poleoseen (55,5/54,8 miljoen jaar) word gekenmerk deur een van die belangrikste tydperke van verandering tydens die Kainosoïkum wat oseaan- en atmosferiese sirkulasie ontwrig en gelei het tot die uitwissing van talle seediere en ’n verandering in [[soogdier]]e.
 
== Klimaat en geografie ==
Die klimaat op aarde het tydens die Paleogeen verander van warm en vogtig tot kouer en droër. Dié neiging duur vandag nog voort, hoewel dit van tyd tot tyd afgewissel word met warmer tydperke. Dit is gedeeltelik veroorsaak deur die [[Antarktiese Ringoseaan]] ([[Engels]]: ''Antarctic Circumpolar Current''), ’n seestroom in die [[Suidelike Yssee]] wat ooswaarts om [[Antarktika]] loop en seewater se temperatuur laat daal het.
 
Die [[kontinent]]e het in die Paleogeen al hoe nader aan hul huidige posisies geskuif. [[Indië]] het teen [[Asië]] gebots en die [[Himalaja]] gevorm. Die [[Atlantiese Oseaan]] het jaarliks met ’n paar sentimeter wyer geword. [[Afrika]] het noord beweeg tot teen [[Europa]], terwyl [[Suid-Amerika]] nader aan [[Noord-Amerika]] geskuif het. [[Australië]] het geskei geraak van Antarktika en in Suidoos-Asië se rigting beweeg.
 
== Flora en fauna ==
[[Soogdier]]e het ’n groot diversifikasie ondergaan. Ná die Kryt-Paleogeen-uitwissing wat gelei het tot die uitsterwing van nie-vlieënde [[dinosourus]]se, het hulle ontwikkel in die meeste van die moderne soogdiere van vandag. Sommige het in groot diere ontwikkel wat die land oorheers het, terwyl ander aangepas het by see- en lugomgewings. Sommige soogdiere het hulle gewend tot ’n lewe in bome en die [[primaat|primate]] geword waarvan die mens afstam. Voëls het ook toegeneem ná die uitwissing van die [[pterosourus]]se.
 
Nadat die aarde afgekoel het, was tropiese plante minder en beperk tot streke naby die ewenaar. Bladwisselende plante het algemener geraak en kon die seisoenale klimaat wat nou oor die wêreld heen geheers het, beter oorleef. Een van die grootste gebeurtenisse in die plantlewe in dié tyd was die ontwikkeling van die eerste grasspesies. Hulle het uitgebrei en nuwe [[ekologie]]se omgewings geskep wat vandag as [[savanne]]s en [[prêrie]]s bekend is. Dié graslande het baie van die woude vervang omdat hulle beter kon oorleef in die droër klimaat wat tipies was van baie streke in dié tyd.
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
== Eksterne skakels ==
*[http://www.foraminifera.eu/querydb.php?period=Paleogene&aktion=suche Paleogeen-mikrofossiele]
*{{CommonsKategorie-inlyn|Paleogene}}
398 811

wysigings