Verskil tussen weergawes van "Rocco Siffredi"

Uitleg van bronteks
(Uitleg van bronteks)
Sy verhoognaam kom van die karakter Roch Siffredi, wat deur [[Alain Delon]] vertolk is in die [[Frankryk|Franse]] gangsterfliek ''Borsalino'' (1970).<ref>{{cite web|url=http://www.lematin.ch/loisirs/tv-dvd/duo-delon-belmondo-ressuscite-eclat-193451|title=Le duo Delon-Belmondo ressuscite avec éclat|website=lematin.ch|accessdate=22 September 2014}}</ref> Siffredi het al in meer as 1&nbsp;300 [[pornografie]]se [[rolprent]]e gespeel en is bekend as die "Italiaanse hings".<ref name=IAFD/>
 
== Loopbaan ==
[[Beeld:AVN_Awards_2011_DSC_0123_cropped.jpg|thumb|200px|links|Siffredi en Rosa Caracciolo in 2011 op die AVN-toekenningsaand.]]
 
In Junie 2004 het Siffredi aangekondig hy tree uit toneelspel in pornoflieks ter wille van sy kinders, en sal in die vervolg konsentreer op regisseerwerk en vervaardiging.<ref>{{cite web|author=Sasha|url=http://planetsex.blogspot.com/2005/07/roko-porn-king-retires-after-1300.html|title=Sex - Dark Side of the Moon: Roko "The Porn King" Retires after 1300 Movies|publisher=Planetsex.blogspot.com|date=29 Julie 2005|accessdate=16 Augustus 2013}}</ref> Siffredi het byna vyf jaar lank nie in ’n prent verskyn nie, maar sy seksuele frustrasie en teleurstellings as regisseur het hom in 2009 as porno-akteur laat terugkeer.<ref name="business.avn.com">{{cite web|url=http://business.avn.com/articles/Rocco-Siffredi-Reveals-Reasons-for-Return-In-Exclusive-Interview-384795.html|title=AVN - Rocco Siffredi Reveals Reasons for Return In Exclusive Interview|publisher=Business.avn.com|date=19 Februarie 2010|accessdate=16 Augustus 2013}}</ref> Ondanks hernude sukses het hy in 2015 weer aangekondig hy tree uit.<ref name="mirror">{{cite web|url=http://www.mirror.co.uk/news/weird-news/rocco-siffredi-porn-star-quits-5373564|title=Rocco Siffredi: Porn star quits XXX movies out of love for his wife|author=John Shammas|date=20 Maart 2015}}</ref>
 
== Hoofstroommedia ==
Siffredi is een van die min pornosterre wat ’n deurbraak in hoofstroomrolprente kon maak. In 1999 het hy in Catherine Breillat se omstrede prent ''Romance'' gespeel en in 2003 in haar prent ''Anatomie de L'enfer'' (''Anatomie van die hel''), in ’n rol wat spesiaal vir hom geskryf is. In albei prente was ongesimuleerde sekstonele waarby Siffredi betrokke was, hoewel dit onseker is of hy wel seks met sy medester Caroline Ducey gehad het in ''Romance'' (sy sê nee; hy sê ja).<ref name=Times>{{cite news|url=http://www.timesonline.co.uk/tol/news/uk/scotland/article457870.ece?token=null&offset=12&page=2|title=Culture: Is it art or porn?|accessdate=24 September 2009|date=18 Julie 2004|publisher=timesonline.co.uk}}</ref>
 
{{Verwysings|2}}
 
== Eksterne skakels ==
* [http://www.roccosiffredi.pro Amptelike webtuiste]
* {{IMDb naam|0797382|Rocco Siffredi}}
275 121

wysigings