Verskil tussen weergawes van "Slag van Platrand"

Uitleg van bronteks
(Uitleg van bronteks)
Die '''Slag van Platrand''' het op [[6 Januarie]] [[1900]] plaasgevind tydens die [[Tweede Vryheidsoorlog]].
 
== Die geveg ==
Tydends die Boere se beleg van 188 dae van [[Ladysmith]] het hulle slegs een poging aangewend om die dorp in te val. Die Vrystaatse kommando's onder bevel van Cornelis de Villiers het die Britse verdedigers onder bevel van kol. [[Ian Hamilton]] aangeval by 'n heuwel wat die Boere Platrand en die Britte Wagon Hill genoem het. Die heuwel is 200m hoog, ongeveer 5km lank en is 5km suidwes van Ladysmith. Die Britte het die Boere se aanval afgeslaan maar albei kante het swaar verliese gely.
 
== Gedenktekens ==
Die slagveld is op 1938 tot 'n nasionale monument verklaar. Gedenktekens is vir die gesneuweldes van beide kante opgerig. Die Burgergedenkteken bevat 'n ererol van al dié wat in die Natalse teater van die [[Tweede Vryheidsoorlog]] dood is. Op versoek van die Britte is 'n gedenkteken opgerig vir ds. [[John Daniel Kestell|J.D. Kestell]] wat tydens die geveg hulp aan vriend en vyand gebring het.
 
* [[Skermutselinge van die Tweede Vryheidsoorlog]]
 
== Bron ==
* [[Op Pad in Suid-Afrika]]. [[B.P.J. Erasmus]]. 1995. ISBN 1-86842-026-4
 
411 783

wysigings