Verskil tussen weergawes van "Slang"

2 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
Uitleg van bronteks
(Uitleg van bronteks)
'''Slange''' (''Serpentes'') is 'n groep [[Karnivoor|karnivoriese]] [[reptiel]]e wat aan die [[orde (biologie)|orde]] van die [[skubreptiel]]e (''Squamata'') behoort en aan [[akkedis]]se verwant is. Daar is ongeveer 3 150 verskillende slangspesies wat byna dwarsoor die wêreld voorkom en waarvan ongeveer 15% giftig is.
== Kenmerke ==
Alle slangspesies word gekenmerk deur 'n baie dun, lang [[liggaam]] en ontbrekende ledemate. Slange beweeg altyd op hul onderkant en hulle hele liggaam word deur oorvleuelende skubbe bedek. Ander tipiese kenmerke, wat hulle van pootlose akkedisse onderskei, is 'n tekort aan beweegbare [[oog]]lede en eksterne [[Oor|ore]]. Om by hul dun liggame aan te pas, is hul niere nie langs mekaar nie, maar is die een voor die ander, en het meeste [[spesie]]s slegs een werkende long. Slange wissel in grootte van baie klein, slegs 10 cm lank, tot die reuse luislange en anakondas wat tot 7,6 m [[lengte|lank]] kan word.
 
402 080

wysigings