Verskil tussen weergawes van "Vandale (volk)"

Uitleg van bronteks
(Uitleg van bronteks)
Die [[Gote|Goot]] [[Theodoric die Grote]], koning van die [[Oos-Gote]] en regent van die [[Wes-Gote]], was deur huweliksband met die Vandale, sowel as met die [[Boergondiërs]] en die [[Franke]] onder [[Clovis I]] geallieerd.
 
== Etimologie ==
 
'''[[Vandalisme]]''' is waarskynlik na die Vandale vernoem. Mense wat vandalisme pleeg, word dan ook wel vandale genoem. Die woord is afkomstig uit [[Frans]] en in [[1794]] gevorm deur [[Grégoire]], 'n [[biskop]] uit [[Blois]], om die optrede van die [[Parys]]e gepeupel te karakteriseer. Dit herinner aan die plunder van [[Rome]] deur die Vandale in die jaar [[455]].
-->
 
== Geskiedenis ==
Twee subdivisies van die Vandale was die [[Silingi]] en die [[Hasdingi]]. Die Silingi het in 'n gebied wat vir eeue as [[Magna Germania]], en later as [[Silesië]] beskryf is, gewoon. In die [[2de eeu]], het die [[Hasdingi]], onder leiding van die konings [[Raus]] en [[Rapt]] (of Rhaus en Raptus) suid getrek, en eers die [[Romeinse Ryk|Romeine]] in die laer Donau gebied aangeval, en toe vrede gemaak en hulle in die westelike [[Dacia]] ([[Roemenië]]) en [[Hongarye|Rooms-Hongarye]] gevestig.
 
In [[400]] of [[401]], moontlik as gevolg van aanvalle deur die [[Hunne]], het die Vandale saam met hulle Germaanse en [[Sarmasiërs|Sarmatiese]] bondgenote (naamlik, Sarmatiese [[Alans]] en Germaanse [[Suebians]]), weswaarts begin beweeg onder koning [[Godigisel]]. Sommige van die Silingi het later by hulle aangesluit. Teen omtrent hierdie tyd was die Hasdingi reeds [[gekersten]]. Amper soos die [[Gote]] vantevore, het die Vandale [[Arianisme]], 'n tak van Christendom wat geglo het dat [[Jesus]] nie gelyk was aan God die Vader nie, maar 'n aparte wese was wat direk onder God was, aangeneem. Hierdie geloof wat in teenstelling met die van die hoofstroom Christen groep in die Romeinse Ryk, wat later in die [[Katoliek]]e en [[Oosters Ortodokse]] gelowe ontwikkel het.
 
=== Gallië ===
Die Vandale het sonder veel teëspoed wes langs die Donau getrek, maar toe hulle die Ryn bereik het hulle in teenstand met die [[Franke]], wat die Romeinse besittings in noord [[Gallië]] bevolk en beheer het, gekom. 20 000 Vandale, insluitend Godigisel self, het in die slag wat daarop gevolg het omgekom, maar hulle slaag daarna daarin om met hulp van die Alans die Franke te verslaan, en op [[31 Desember]], [[406]] oorkruis die Vandale die [[Ryn]] om Gallië in te val. Onder Godigisel se seun [[Gunderik]], plunder die Vandale hulle pad wes – en suidwaarts deur Gallië.
 
=== Iberië ===
In Oktober [[409]] oorkruis hulle die [[Pireneë|Pirenese]] bergreeks om [[Spanje]] te bereik. Daar [[foederati|ontvang hulle grondgebied]] van die Romeine: [[Gallaecia]] (Noordwes) en [[Baetica]] (Suid), terwyl die Alans [[Lusitanië]] (Wes) en die gebied rondom [[Cartagena, Spanje|Carthago Nova]] gekry het. Die [[Suebi]], wat ook dele van Gallaecia beheer het, en die [[Wes-Gote]], wat Spanje ingeval het voor hulle grond in [[Septimania]] (Suide van Frankryk) ontvang het, hou aan om probleme vir die Vandale en Alans te veroorsaak.
 
=== Afrika ===
[[Image:Vandal alan kingdom 526.png|thumb|200px]]
Gunderik se halfbroer [[Geiserik]] het 'n Vandaalse vloot begin bou. In [[429]], na hy koning geword het, oorkruis Geiserik die [[Straat van Gibraltar]] en beweeg verder oos tot by tot by [[Kartago]]. In [[435]] ken die Romeine grondgebiede in Noord Afrika aan hulle toe. In [[439]] val Kartago egter in Vandaalse hande. Geiserik bou die koninkryk van die Vandale en Alans uit tot 'n magtige staat, en oorwin [[Sisilië]], [[Sardinië]], [[Korsika]] en die [[Baleariese Eilande]].
Verskille tussen die Ariaanse Vandale en die [[Katoliek]]e of [[Donatist]]e was 'n konstante geskilpunt in hulle [[Afrika]] staat. Meeste Vandaalse konings, behalwe [[Hilderik]], het die Katolieke tot 'n groter of mindere mate vervolg. Alhoewel Katolisisme selde amptelik verbied is (die laaste maande van [[Hunerik]] se bewind is 'n uitsondering), is hulle verhoed om die Vandale tot die Katolieke oortuiging te bekeer, en is die lewe vir die Katolieke kerklui moeilik gemaak.
 
=== Die plundering van Rome ===
In [[455]], val die Vandale [[Rome]] binne en plunder hulle die stad vir twee weke van [[2 Junie]] af. Hulle vertrek met tallose skatte, buit van die [[Tempel in Jerusalem]] wat deur [[Titus Flavius|Titus]], en die keiserin [[Eudoxia]] en haar dogters [[Eudocia]] en [[Placidia]] na Rome gebring is. Teen [[468]] het hulle 'n enorme [[Bisantynse Ryk|Bisantynse]] vloot wat teen hulle uitgestuur is vernietig.
 
=== Kwyning ===
Met Geiserik se dood in [[477]], het sy seun [[Hunerik]] koning geword. Hunerik se bewind was veral bekend vir sy godsdiensvervolging van die [[Manigiste]] en die Katolieke. [[Gunthamund]] ([[484]]-[[496]]) het interne vrede met die Katolieke nagestreef. Ekstern, het die Vandale se mag getaan sedert Geiseric se dood, en Gunthamund het groot dele van Sisilië aan die [[Oos-Gote]] verloor, en moes stygende druk van die [[More]] verduur.
 
Op [[15 Desember]], [[533]], raak Gelimer en Belisarius weer slaags tydens die [[Slag van Ticameron|Ticameron]], omtrent 20 myl (32km) van Kartago. Weereens het die Vandale goed geveg maar knak, die keer toe Gelimer se broer [[Tzazo]] in die slag val. Belisarius het vinnig tot by [[Hippo Regius|Hippo]], tweede stad van die Vandaalse Koninkryk, gevorder en in [[534]] het Gelimer aan die Romeinse oorwinnaar oorgegee, en beëindig daarmee die Koninkryk van die Vandale.
 
=== Lys van Konings ===
#[[Godigisel]] (-[[407]])
#[[Gunderik]] ([[407]]-[[428]])
297 108

wysigings