Verskil tussen weergawes van "Vasco (kiesafdeling)"

Uitleg van bronteks
(Uitleg van bronteks)
'''Vasco''' was in 1943 die eerste van die uiteindelik ses kiesafdelings vir die Suid-Afrikaanse Volksraad wat mettertyd afgebaken is in wat later sou bekend staan as [[Kaapstad]] se Noordelike Stadsgebiede.
 
== 1943-1953 ==
In die eerste verkiesing wen James Mushet van die [[Verenigde Party]], voorheen LV vir [[Liesbeek (kiesafdeling)|Liesbeek]] van 1920 tot 1921 en [[Maitland (kiesafdeling)|Maitland]] (wat tydelik voor 1943 se verkiesing afgeskaf is) van 1938 tot 1943, met 1 671 stemme teen die Herenigde [[Nasionale Party]] se D.J.J. Mostert. In 1948 krimp sy meerderheid teen die N.P. se B.J.J.J. van Rensburg tot net 185 stemme. Op [[4 Maart]] [[1953]] tree Mushet uit as LV en in die verkiesing daardie jaar wen die Nasionale Party se dr. [[Karl Bremer]] met 1 217 stemme teen die V.P. se J. de Villiers. Bremer was ook LV vir [[Graaff-Reinet (kiesafdeling)|Graaff-Reinet]] van 1924 tot 1925 en 1929 tot 1943, [[Stellenbosch (kiesafdeling)|Stellenbosch]] van 1943 tot 1948 en [[Ceres (kiesafdeling)|Ceres]] van die tussenverkiesing op [[2 Mei]] [[1951]] tot 1953.
 
== 1953-1958 ==
Bremer sterf egter kort na die verkiesing op [[18 Julie]] [[1953]] en in die tussenverkiesing op [[4 November]] [[1953]] word dr. [[Albertus van Rhyn|A.J.R. (Albertus) van Rhyn]] met 'n meerderheid van 1 702 vir die N.P. teen die V.P. se De Villiers verkies. In die algemene verkiesing van 1958 vergroot Cornelius Valkenburg de Villiers die N.P. se meerderheid tot 2 308 teen die V.P. se J.E.C. Beck. De Villiers was LV vir [[Valsbaai (kiesafdeling)|Valsbaai]] van 1953 tot 1958.
 
== 1960 en later ==
In die volkstemming van 1960 stem 7 138 kiesers in Vasco vir republiekwording en 4 119 daarteen. De Villiers word dan ook onbestrede herkies in die verkiesing die volgende jaar toe tientalle setels landswyd nie betwis is nie. De Villiers bly net LV tot [[30 November]] [[1961]] waarna [[Frank Waring]] in die tussenverkiesing op [[23 Januarie]] [[1962]] onbestrede vir die N.P. verkies word. In 1966 stel die V.P. weer 'n kandidaat, J.W. van Eeden, maar hy kry net 2 473 stemme vergeleke met die nuwe LV, Petrus Hendrik Meyer se 6 377 vir 'n meerderheid van 3 904. In 1970 word Meyer onbestrede verkies, maar in 1974 staan die V.P. se R.V. Carlisle teen hom en kry 2 860 stemme, 'n meerderheid vir Meyer van 3 806.
 
In 1977, 1981, 1987 en 1989 het die N.P. telkens Vasco behou.
 
== Sien ook ==
[[Bellville (kiesafdeling)|Bellville]], [[Claremont (kiesafdeling)|Claremont]], [[Constantia (kiesafdeling)|Constantia]], [[De Kuilen (kiesafdeling)|De Kuilen]], [[Durbanville (kiesafdeling)|Durbanville]], [[Groenpunt (kiesafdeling)|Groenpunt]], [[Groote Schuur (kiesafdeling)|Groote Schuur]], [[Kaapse Vlakte (kiesafdeling)|Kaapse Vlakte]], [[Kaapstad-Hawe (kiesafdeling)|Kaapstad-Hawe]], [[Kaapstad-Kasteel (kiesafdeling)|Kaapstad-Kasteel]], [[Kaapstad-Sentraal (kiesafdeling)|Kaapstad-Sentraal]], [[Kaapstad-Tuine (kiesafdeling)|Kaapstad-Tuine]], [[Liesbeek (kiesafdeling)|Liesbeek]], [[Maitland (kiesafdeling)|Maitland]], [[Mowbray (kiesafdeling)|Mowbray]], [[Nuweland (kiesafdeling)|Nuweland]], [[Parow (kiesafdeling)|Parow]], [[Pinelands (kiesafdeling)|Pinelands]], [[Rondebosch (kiesafdeling)|Rondebosch]], [[Seepunt (kiesafdeling)|Seepunt]], [[Simonstad (kiesafdeling)|Simonstad]], [[Soutrivier (kiesafdeling)|Soutrivier]], [[Suid-Skiereiland (kiesafdeling)|Suid-Skiereiland]], [[Tygervallei (kiesafdeling)|Tygervallei]], [[Woodstock (kiesafdeling)|Woodstock]], [[Wynberg (kiesafdeling)|Wynberg]]
 
== Bronne ==
* Potgieter, D.J. (red.) 1972. ''[[Standard Encyclopaedia of Southern Africa]]''. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
* Schoeman, B.M. 1977. ''Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976''. Pretoria: Aktuele Publikasies.
411 783

wysigings