Verskil tussen weergawes van "Waenhuiskrans"

Uitleg van bronteks
k
(Uitleg van bronteks)
'''Waenhuiskrans''' is 'n kusdorpie aan die [[Indiese Oseaan]] in die [[Wes-Kaap]], [[Suid-Afrika]]. Dit is genoem na 'n grot soos 'n waenhuis sowat 2 km suid van hier. Die dorp is 'n gewilde [[visvang]]oord. Dit staan ook as '''Arniston''' bekend na aanleiding van die ''[[HMS Arniston]]'' wat op 30 Mei [[1815]] hier gestrand het. Slegs ses van 378 persone aan boord het oorleef.
 
== Betrokkenheid tydens die Tweede Wêreldoorlog ==
Tydens die [[Tweede Wêreldoorlog]] was dit nie alleen die [[suidelike noorkapper]]walvisse wat Waenhuiskrans besoek het nie, maar ook ander grys burgers van die see wat langs die diep kus verbybeweeg en vlugtig opgekom het om toegang tot die strand te verkry. Dit was [[duikboot|U-bote]] van die [[Nazi-Duitsland|Nazi-regering]] wat 133 skepe langs die Suid-Afrikaanse kus tussen [[1942]] – [[1945]] gesink het.
 
Net ’n hanetreetjie van Potberg af, langs De Hoop se kus, het die U-bote in die diepe waters geskuil. ’n Bekende palingvisserman is aangestel om op die uitkyk vir U-bote te wees. ’n Spesiale telefoonverbinding is vir hierdie doel geïnstalleer. ’n Witsandwinkelier het die Duitse bemanning van diesel verskaf, totdat die polisie ingelig en sy gewaarsku is dat ’n lokval gestel is.<ref>''Overberg Tapestry''. Leslie Howard. 2004. Bl. 152. ISBN 0-9584766-1-6</ref>
 
== Wapen ==
Waenhuiskrans se plaaslike raad het in 1993 'n wapen by die [[Buro vir Heraldiek]] geregistreer: ''Deursnede, swart en silwer, in die skildvoet twee blou dwarsbalke, die boonste rand uitgeskulp en die onderstes ingeskulp, in die skildhoof drie silwer uitkomende gewelhuisies met 'n blou venster elk; 'n gewelfde goue skildhoof''. Die helmteken was 'n [[swarttobie]] wat 'n blou skeepswiel vashou op 'n blou muurkroon, en die wapenspreuk was "Bewaar en behou".<ref name=bvh>[http://www.national.archsrch.gov.za/sm300cv/smws/sm300dl National Archives of South Africa: Data of the Bureau of Heraldry].</ref>
 
== Sien ook ==
* [[Lys van dorpe in Suid-Afrika]]
* [[Spookplekke in Suid-Afrika]]
 
== Bron ==
* [[B.P.J. Erasmus]]: ''[[Op Pad in Suid-Afrika]]''. 1995. ISBN 1-86842-026-4
 
</gallery>
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
400 691

wysigings