Wupperthal: Verskil tussen weergawes

6 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
Uitleg van bronteks
(Uitleg van bronteks)
'''Wupperthal''' (ook '''Wuppertal''') is 'n historiese dorpie met sowat 4 000 inwoners in die [[Cederberg Plaaslike Munisipaliteit|Cederberg munisipaliteit]], [[Weskus-distriksmunisipaliteit|distrik Weskus]]. Dit is geleë in 'n dal van die [[Sederberg (berg)|Sederberg]] in die [[Wes-Kaap]], omtrent 250 kilometer noordoos van [[Kaapstad]] en 72 km suidoos van [[Clanwilliam]].
 
== Geskiedenis ==
[[Lêer:Wupperthal, deur HC Knudsen.jpg|duimnael|links|270px|Wupperthal omstreeks 1852 geskets deur die [[Rynse Sendinggenootskap|Rynse]] sendeling [[Hans Christian Knudsen]], van [[Noorweë]].]]
Die dorp is in 1829 deur die [[Rynse Sendinggenootskap|Rheinischen Missionsgesellschaft]] deur [[Johann Gottfried Leipoldt]] gestig en genoem na die vallei of dal ("Thal") van die Wupper in [[Barmen]], [[Duitsland]]. Hy skryf in sy dagboek oor die naamgewing: ''„Wir haben den Namen Riedmond in Wupperthal verwandelt zum Andenken an unser liebes deutsches Wuppertal.“'' (Sowat eenhonderd jaar later verenig die Duitse dorpe Barmen en Elberfeld, sedert [[1929]] dra hulle die naam [[Wuppertal]].) Die twee sendelinge het die nedersetting met sewe [[khoikhoi]] gesinne gevestig en op hulle geestelik opheffing gefokus en boerdery aangemoedig. Die bevolking het gestyg kort nadat slawerny in [[1838]] afgeskaf is en baie bevryde slawe van nabygeleë plase daar aangekom het.
Die voormalige sendingstasie is tot vandag toe die streeksentrum met 'n poskantoor, skool, kliniek, kerk en kerkkantoor (''Pfarrei''), winkels en 'n skoen- en handskoenfabriek, waar tradisionele ''velskoene'' vervaardig word. [[Tabak]] word gedroog en gerol om roltabak te maak. Landbouprodukte uit die omgewing sluit in [[rooibos]]tee, gedroogde [[Vrugbeginsel|vrugte]], en gedroogte boontjies.
 
== Omgewing ==
Wupperthal is in 'n pragtige landskap geleë wat ten beste beleef kan word deur 'n staproete wat in [[2000]] aangelê is. Die twee dae lange tog sluit in 'n besoek aan Boesmantekeningterrein, 'n groot waterval en indrukwekkende rotsformasies.
 
Wupperthal word met 'n pad oor die [[Pakhuispas]] met Clanwilliam en die [[N7]] nasionale pad verbind.
 
== Sien ook ==
* [[Lys van dorpe in Suid-Afrika]]
 
411 783

wysigings