Verskil tussen weergawes van "Katoen"

14 grepe verwyder ,  2 jaar gelede
Sjina→China
(Sjina→China)
Die vesel word gewoonlik in garing of draad gespin en daarna gebruik om 'n sagte tekstiel te maak wat "kan asemhaal". Die gebruik van katoen vir weefstof is bekend sedert die prehistoriese tye; fragmente van katoen dateer uit 5000 v.C. uit ou grafte in Meksiko en die Indusvalleibeskawing (hedendaagse Pakistan en sommige dele van Indië). Hoewel dit sedert antieke tye verbou is, was dit eers ná die uitvinding van die weefmasjien wat produksiekoste sodanig verlaag het, dat dit gelei het tot algemene gebruik. Dit is vandag die mees algemeen gebruikte natuurlike vesel in klere.
 
Huidige skattings van wêreldproduksie is sowat 25 miljoen ton of 110 miljoen bale jaarliks​​, geproduseer op 2.5% van die wêreld se bewerkbare grond. [[SjinaChina]] is die wêreld se grootste produsent van katoenkatoenprodusent, maar die meeste van hierdie word plaaslik verbruik. Die [[Verenigde State van Amerika]] is vir jare reeds die grootste uitvoerder van katoen. <ref>[http://www.naturalfibres2009.org/en/fibres/cotton.html "Natural fibres: Cotton"], International Year of Natural Fibres</ref> Katoen word gewoonlik in die VSA in bale gemeet, wat ongeveer 0.,48 kubieke meter (17 kubieke voet) beslaan en 226.,8 kg (500 pond) weeg. <ref>National Cotton Council of America, "[http://www.cotton.org/tech/bale/bale-description.cfm U.S. Cotton Bale Dimensions]" (besoekBesoek op 5 Oktober 2013).</ref>
 
== Die "dogter van die son" ==
Die mense van die antieke tyd het katoen die "van die son" genoem, omdat die katoenplant slegs onder die kragtige strale van die son groei en floreer. Hoe warmer die son, hoe witter en sterker is die vesels wat die plant  produseer.
 
Katoen word dus veral in of naby die  tropiese gebiede gekweek, die warmste streke  van  die aarde. Die katoenstreke lê ongeveer tussen 37° Noorder­-breedte en 37° Suider-breedte.  Binne hierdie gordel, wat omtrent 7 000 km breed is en om die aarde strek, vind katoen die toestande wat dit nodig het: baie lig, baie hitte, en oorvloedige reën.
 
Katoen word ook gekweek in 'n paar gebiede wat minder warm is, soos  Turkye en Turkestan. Hier moet die katoen egter elke jaar van nuuts af geplant word,  aangesien die plante in die koue winter dood­gaan.
 
== Name van katoen ==
Katoenstof word onder baie verskillende name bemark. Daar is die growwe, gekeperde stof wat ''fustein'' genoem  word, waarby koordferweel en "molvel" ingesluit word; kaliko,'n onbedrukte, sterk materiaal; moeselien, fyn.,en sag; kreton, 'n stark, bedrukte stof; pikee, 'n stywe, gekoorde stof; en organdie, of fyn moeselien. Katoen word ook gebruik om ander stowwe na te boots, bv. ferweel, 'n nagemaakte fluweel (sy); flanelet, 'n nabootsing van kamstof (wol) ; en nabootsings van kamerdoek, perkal en sirsakar (linne).
 
== BronneBron ==
* Kennis, Volume 1, 1980, bl.60-61, ISBN 0-7981-0823-1
 
85 927

wysigings