Verskil tussen weergawes van "Kanaal"

17 grepe verwyder ,  1 jaar gelede
Sjina→China
(Sjina→China)
[[Lêer:Canal de la Peyrade, Sète, Hérault 01.jpg|duimnael|Die ''Canal de la Peyrade'' in Sète, [[Hérault (département)|Hérault]], [[Frankryk]].]]
 
'n '''Kanaal''' is 'n kunsmatig aangelegde waterweg. Mense bou al etlike eeue lank kanale vir die vervoer van swaar goedere op [[boot|bote]] en [[skip|skepe]]. Kanale word ook vir [[besproeiing]] of [[hidroëlektrisiteit]] benut. Die kante van kanale is soms met klei of [[beton]] versterk.
 
Kanale verbind gewoonlik [[meer|mere]], [[rivier]]e of [[oseaan|oseane]]. Die [[Panamakanaal]] is 'n voorbeeld van 'n bekende kanaal wat die [[Atlantiese Oseaan]] met die [[Stille Oseaan]] verbind. Die [[Sueskanaal]] verbind die [[Middellandse See]] met die [[Rooisee]].
 
Daar is verskillende soorte kanale:
[[Lêer:Finowkanal-treidel.jpg|duimnael|links|Perde word gebruik om 'n sleepboot in die kanaal te trek.]]
 
Die eerste kanale is gebruik om water na landerye aan te lê. Vroeë beskawings, soos in [[Antieke Egipte]] en [[Mesopotamië]], het reeds kanale vir besproeiing gebruik. In [[SjinaChina]] met mense begin om riviere bevaarbaar te maak deur water op te dam, asook riviere te verdiep en te verbreed. Later het mense begin om nuwe kanale te grawe sodat meanders (kronkels) en vlak gedeeltes uitgesny kon word. Hulle het ook begin om sluise te installeer om die watervlak te beheer.
 
Die eerste kanale vir die vervoer van goedere was relatief klein. Bote het nie enjins gehad nie en moes meestal deur mense of [[perd]]e van die kant af getrek word. Paaie is soms langs kanale hiervoor aangelê. In die 19de eeu is [[stoomenjin|stoombote]] gebruik om sleepbote oor breër riviere te trek of te stoot. Na die [[Tweede Wêreldoorlog]] is skepe met enjins op kanale gebruik, en het die skepe al groter begin word. Talle kanale is verbreed en klein skepe wat nie meer winsgewend was nie is deur groter skepe vervang.
80 563

wysigings