Verskil tussen weergawes van "Margaret Ballinger"

178 grepe bygevoeg ,  12 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Sy het 'n paar jaar lank geskiedenis gedoseer aan die [[Universiteit van die Witwatersrand]], waarna sy in [[1937]] tot die Parlement verkies is as verteenwoordiger van swartes. Sy het dié posisie behou tot en met die afskaffing van swart verteenwoordiging in [[1960]].
 
Ballinger was op [[9 Mei]] [[1953]] in [[Kaapstad]] saam met vername Engelssprekende intellektuele soos [[Alan Paton]] medestigter van die [[Liberale Party]] entoe hulle die [[Verenigde Party]] verlaat het weens sy gebrek aan 'n duidelike beleid ten op sogte van die rassevraagstuk. Sy was ook die party se eerste president met Paton en [[Leo Marquard]] as mede-adjunkpresidente. Die party het gelyke regte vir alle Suid-Afrikaners gegrond op volwaardige burgerskap voorgestaan. Ballinger het die party verlaat voor sy ontbinding in [[1968]], toe die lede besluit het om eerder te ontbind as om toe te gee aan wetgewing van daardie jaar (die ''Wet op die Verbod op Politieke Inmenging'') wat daarop gemik was om politieke partye tot net een rassegroep te beperk.
 
==Bronne==
84 297

wysigings