Verskil tussen weergawes van "Pablo Neruda"

In 1930 is hy met Maria Antonieta Hagenaar getroud, maar hulle het in 1936 uitmekaar gegaan. Gedurende die dertiger- en veertigerjare woon hy saam met die [[Argentinië|Argentynse]] skilderes, Delia del Carril, wat sy belangstelling in die linkse politiek aangemoedig het. Hulle trou in [[1943]], maar hierdie verbintenis is nie in Chili erken nie, en in 1955 gaan hulle uitmekaar. In [[1966]] trou Neruda met die Chileense sangeres Matilde Urrutia, wat die inspirasie vir sy latere gedigte sou word.
 
In 1943 sluit Neruda by die Kommunistiese party aan en word twee jaar later tot die Chileense senaat verkies. Nadat hy egter vir President [[Gabriel González Videla]] in die pers aangeval het vlug hy na [[Meksiko]] met die manuskrip van ''Canto general'' in sy saalsak, om weg te kom van regse ekstremiste. Hy reis na [[Rusland]] en [[Volksrepubliek van SjinaChina|SjinaChina]] en keer in [[1952]] na Chili terug, nadat Videla's se lëermag verslaan is. Neruda se ballingskap is in ''Las uvas y el viento'' (1954) opgeteken.
 
Toe [[Nikita Chroesjtsjof|Chroesjtsjof]] in 1956 [[ Josef Stalin]] se wandade openbaarmaak, is Neruda in sy Marxistiese oortuigings geskok. Hy het hom toe permanent op Isla Negra gevestig, terwyl hy steeds dikwels op reis gegaan het. So het hy byvoorbeeld [[Kuba]] in 1960, en die [[Verenigde State]] in 1966 besoek. President [[Salvador Allende]] het Neruda as Chileense ambassadeur in [[Frankryk]] aangewys vanaf 1970 tot 72.
 
Tussen [[1958]] en [[1973]] het Neruda twintig werke voortgebring. Nog 'n verdere agt werke waarvan sommige in 'n verskeidenheid tale vertaal is, het postuum verskyn. Alhoewel sy oeuvre uniek is en daarom nie rigied gekategoriseer kan word nie, kan dit nogtans in vier kategorieë verdeel word: liefdesverse (''Los versos del capitán'' – 1952); gedigte wat spreek van eensaamheid en bedruktheid (''Residencia en la tierra''); epiese stryd (''Canto general'') en poësie oor die elke dag se bestaan (''Odas elementales'' – 1954–1957).
84 200

wysigings