Verskil tussen weergawes van "Bilina"

1 808 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
Uitgebrei, besig
(Uitgebrei, besig)
(Uitgebrei, besig)
 
Die mitologiese bilini oor byvoorbeeld reuse het waarskynlik lank voor die stigting van Kiëf-Roes ontstaan en kan nie volgens prinsdom ingedeel word nie. Die historiese gleerdes klassifiseer hulle dikwels apart. Ander geleerdes deel bilini in volgens inhoud, soos heroïes, feëverhale of ballades. Die meeste geleerdes verkies klassifikasie volgens prinsdom.{{sfnp|Oinas|1978|page=240}}
 
==Struktuur en temas==
Omdat bilini opgevoer is, het hulle ’n struktuur gehad wat maklik was om te volg.{{sfnp|Bailey|Ivanova|1998| pages= xxvi-xxvii }} Dit het gewoonlik uit drie basiese dele bestaan: inleiding, vertelling en slot.
 
Die inleiding het gewoonlik ’n vers bevat wat die gehoor aanspoor om te luister. Hulle het dikwels die helde beskryf waar hulle op ’n fees ’n taak kry of op ’n sending vertrek. Die vertelling het die avontuur in oordrywende besonderhede en hiperbole beskryf om die storie opwindender te maak. Die slot het gegaan oor die beloning vir die sending, ’n sedeles of ’n verwysing na die [[see]], want bilini is dikwels opgevoer om die see kalm te maak.{{sfnp|Oinas|1978|page=247-249 }} Om luisteraars te help om die storie te verstaan, het die sangers "slagspreuke" in ’n dialoog gebruik om dit duidelik te maak wie praat met wie.{{sfnp|Bailey|Ivanova|1998| pages= xxvi-xxvii }}
 
Algemene tonele in bilini sluit in ’n held wat sy ma se huis verlaat, ’n perd opsaal, spog, oor die muur van ’n stad vertrek, op reis gaan, in ’n oorlog veg, in die oggend aantrek, ’n vyand uittart, bloedbroers met ’n ander held word en om genade vra. Temas het ingesluit die geboorte en kinderdae van ’n held, ’n pa en seun wat vassit, ’n geveg met ’n monster, ’n held wat terugkeer na sy geboortestad om dit te red, die kies van ’n vrou of ’n held wat op pad na sy troue ’n heks teenkom wat mans in diere verander.{{sfnp|Bailey|Ivanova|1998| pages= xxvii-xxviii }} Die Christelike geloof is gemeng met voor-Christelike idees van toorkrag en die heidendom, soos wanneer ’n [[heilige]] verskyn om sterflinge teen die duisternis te beskerm.<ref name="Warner" >Elizabeth Warner, ''Russian Myths'' (Austin: University of Texas Press, 2002), 18-20.</ref>
 
== Verwysings ==