Verskil tussen weergawes van "Bilina"

180 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
 
==Geskiedenis==
[[Beeld:Die drei Bogatyr.jpg|thumb|230px|links|''Bogatiri'' ("Ridders"), deur [[Wiktor Wasnetsof]] (1898). Van links is Dobrinja Nikititsj, Ilja Moeromets en Aljosja Popowitsj.]]
 
Die meeste kenners van Oos-Slawiese en Russiese folklore glo bilini as ’n [[genre]] het in die tyd van [[Kiëf-Roes]] ontstaan, in die 10de en 11de eeu. Mense het nog bilini geskryf teen die tyd dat die [[Mongoolse Ryk]] ("Tartare") Kiëf-Roes in die 13de eeu binnegeval het<ref name="Oinas, 236" /> en die Oos-Slawiese kultuur vernietig is. Skeppers van bilini het elemente van die geskiedenis van verskeie tydperke by hul stories ingesluit. So word in baie bilini na die vyande van die [[Roes (volk)|Roesvolk]] as "Tartare" verwys, hoewel die stories oorspronklik na ander volke op die [[steppe]] verwys het wat met die Roes gebots het.