Verskil tussen weergawes van "Konsonant"

1 510 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
== Voorbeelde ==
By die /p/ van ''aap'' versamel die lug eers voor die afgeslote [[lip]]pe, en kom dan met 'n plof na buite. By die /n/ van ''noot'' is die mondholte afgesluit en kom die lug deur die [[neus]]. By die /s/ van ''sap'' gaan die tong omhoog na die verhemelte, waardeur die opening nouer word en 'n sisklank ontstaan.
 
== Die verdubbeling van konsonantletters ==
Volgens die Afrikaanse woordelys & spelreëls (2017) word konsonantletters soms verdubbel wanneer hulle tussen vokaalletters voorkom om die klank en/of lengte van die voorafgaande vokaal te bepaal.
 
* 'n Konsonantletter word verdubbel indien dit tussen twee vokaalletters optree en die eerste vokaal (met uitsondering van [i], [u] en [y]) kort is en die hoofklem dra.
abba, vodde, effens, giggel, liggaam
 
* 'n Konsonantletter wat tussen 'n kort [i], [y] of [u] en 'n volgende vokaalletter staan, word nie verdubbel nie.
** briefie, familie, kielie, tipe
** bruto, minute, rusie
** groete, moeder, moenie, oefen
** geute, kreukel, leuse
 
* 'n Konsonantletter wat tussen 'n diftong en 'n vokaalletter staan, word nie verdubbel nie.
anys, duisend, eina, kabouter, meisie
 
* Indien die grondwoord eindig op 'n enkele konsonantletter, voorafgegaan deur 'n lang, beklemtoonde vokaal, word daardie konsonantletter nie in afleidings van die grondwoord verdubbel nie.
** formaat - formateer, profeet - profeteer, vokaal, vokaliseer.
** Let ook op die spelling van baseer (uit basis), faseer (uit fase) en kontroleer (uit kontrole).
 
* As 'n woord op 'n 's' eindig (soos bos of fluks) en met 'n woord of woorddeel verbind word wat met 'n 's' begin (soos slaper, of -ste), word albei sé behou.
** bosslaper, dansskoene, halssnoer
** fluksste, laksste, skaarsste
 
 
== Eksterne skakels ==
* {{Wikt-inlyn|konsonant}}
 
 
== Bronne ==
Afrikaanse woordelys & spelreëls. Elfde, verbeterde en omvattend herbewerkte uitgawe, 2017.
 
 
{{Saadjie}}
430

wysigings