Verskil tussen weergawes van "Samestelling"

1 839 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
Inligting bygewerk
(Uitleg van bronteks)
(Inligting bygewerk)
In die [[Taalwetenskappe|taalkunde]], kan 'n '''samestelling''' kan omskryf word as die vorming van ‘n komplekse woord wat uit twee stamme bestaan. Die dele van samestellings in Afrikaans word in die reël vas geskryf, volgens die Afrikaanse woordelys en spelreëls.
 
Die dele waaruit samestellings bestaan, kan tot verskillende woordsoorte behoort. Die volgende patrone word onderskei:
[[Lêer:Abwasserbehandlungsanlage.jpg|duimnael|250px|[[Duits]] is net soos Afrikaans, 'n taal waarin vele endosentriese samestellings voorkom. Hierbo is die Duitse woord virr 'rioolwatersuiweringsinstallasie'.]]
 
[[Kategorie:Morfologie (taalkunde)| ]]
 
* naamwoord + naamwoord (die kategorie wat verreweg die grootste groep samestellings in Afrikaans vorm)
 
arbeidswetgewing, blombedding, deurmat, reddingsboei, skroewedraaier
 
* naamwoord + voornaamwoord
 
Jan-hulle, oom-hulle
 
* naamwoord + setsel
 
bekaf, dagin en daguit, padlangs, raadop, pootuit, straataf
 
* naamwoord + werkwoord
 
asemskep, perdry, pretloop, ysskaats
 
* naamwoord + byvoeglike naamwoord
 
gebruikersvriendelik, hondsiek, kiemvry, vuurvas
 
* naamwoord + deelwoord
 
sneeubedek, uitkomsgebaseer/uitkomsgebaseerd
 
* werkwoord + werkwoord
 
brandmerk, hangsweef, stortreën
 
* werkwoord + byvoeglike naamwoord
 
kraakvars, stinkryk
 
* werkwoord + naamwoord
 
baaikostuum, eetgoed, gloeilamp, kookwater, smeerkaas
 
* byvoeglike naamwoord + naamwoord
 
blouaap, geelwortel, oukêrel (pa), stywepap
 
* byvoeglike naamwoord + byvoeglike naamwoord
 
blougroen, domastrant, ligblou
 
* byvoeglike naamwoord + werkwoord
 
blinkvryf, rofstoei
 
* bywoord / byvoeglike naamwoord + setsel
 
andersom, langsaan, regop, voluit, vooroor
 
* bywoord + werkwoord
 
binnekom, neerslaan, teregwys, wegspring
 
* setsel + werkwoord
 
aanbied, afdank, inteel, teenwerk
 
* setsel / bywoord + naamwoord
 
agterdeur, deurpad, voorarm
 
* telwoord + naamwoord
 
duisendpoot, tienkamp, tweegesig, vyftal
 
* bywoord + naamwoord
 
agterblad, bykos
 
* setsel + setsel
 
bo-oor, langsaan, tussendeur
 
Samestellings kan natuurlik uit meer as twee woorddele bestaan, soos blouoognooi, lugdienspersoneel, groenvyekonfyt, tweerigtingskakelaar, kernkragsentrale, weervoorspellingsprogram. [[Lêer:Abwasserbehandlungsanlage.jpg|duimnael|250px|[[Duits]] is net soos Afrikaans, 'n taal waarin vele endosentriese samestellings voorkom. Hierbo is die Duitse woord virr 'rioolwatersuiweringsinstallasie'.]]
 
Tesame met affikse, speel samestellings ‘n groot rol wanneer dit kom by [[Afrikaans|Afrikaanse]] woordvorming.<ref>Carstens, W.A.M. & Bosman, N., reds. 2014. Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde. Pretoria: Van Schaik.</ref>
430

wysigings