Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

k
Persiërs → Perse
|oppervlakmi² = 4 424,10
|persent_water = feitlik niks
|bevolking_skatting = 146 573<ref>{{en}} {{cite web |url=http://gov.nkr.am/en/regions/ |title=Population of NKR as of 01.-01.-2013 | publisher=Republiek van Nagorno-Karabakh |date=1 Januarie 2013 |accessdate=15 Augustus 2014}}</ref>
|bevolking_skatting_jaar = 2013
|bevolking_rang = –
|onafhanklikheidstipe = Onafhanklikheid
|onafhanklikheidsgebeure = • Verklaar
• Erkenning{{smallsup|b}}
|onafhanklikheidsdatums =
van die [[Sowjetunie]]
[[2 September]] [[1991]]<ref>{{en}} {{cite book|last=Zürcher|first=Christoph|title=The Post-Soviet Wars: Rebellion, Ethnic Conflict, and Nationhood in the Caucasus|year=2007|publisher=New York University Press|location=New York|isbn=9780814797099978-0-8147-9709-9|page=168|edition=[Online-Ausgabe]}}</ref>
3 nie-VN-lede
(Gemeenskap van Nie-erkende State)
|MOI =
|MOI_rang =
'n Armeense aardrykskundige werk uit die 7de eeu verwys na die provinsies Artsach en Utik in die uiterste noord-ooste van die Armeense gebied. Die [[Koera]] het destyds as grensrvier gedien, met Aran ('n gebied wat deur 'n Kaukasiese volk bewoon is) aan sy linkeroewer. Die [[Armeniërs]] het hierdie gebied Arwank genoem, terwyl die Romeine daarna as Albania verwys het.

Toe die [[PersiërsPerse]] in 428 die hele oostelike Kaukasus oorheers het, het hulle sowat een eeu lank Artsach, Utik en Albania as gemeenskaplike administratiewe eenheid saamgesmelt. In hierdie periode is Artsach-Utik dikwels met Albania verwar.

Die historiese Bo- of Berg-Karabakh beslaan ongeveer 12 000 km² en is in teenstelling met ander streke in die Armeense Hoogland ryk aan water. Sy riviervalleie is bebos en het moontlik die aanleiding tot die benaming "Swart Tuin" gegee.
== Geografie en klimaat ==
[[Lêer:Вагуас2.jpg|duimnael|Die Mrav-bergreeks in die Klein Kaukasus-gebergte vorm die natuurlike noordelike grens tussen die Republiek van Nagorno-Karabakh en Azerbeidjan]]
Die Republiek van Nagorno-Karabakh is bergagtig met Mrav (3 540 meter bo seevlak) en Kirs (2 725  m) as sy hoogste bergpieke. Groot dele van die land word deur 'n plato met hellings in die ooste en suidooste beslaan. Die gemiddelde hoogte van die land is 1 097 m.

Terter en Chatsjen is die belangrikste riviere. Die meeste riviere vloei na die Artsach-vallei. Die grootste waterliggaam is die Sarsang-dam wat in 1976 hoofsaaklik vir besproeiingsdoeleindes opgerig is.

Nagorno-Karabakh het 'n droë en gematigde subtropiese klimaat met 'n jaarlikse gemiddeld van 11 °C. Die koudste maand is Januarie met 'n gemiddeld van -1 °C, terwyl daar in Julie 'n gemiddeld van 22 °C gemeet word. Die hoogste somertemperature word in die laer geleë streke van Martoeni en Martakert gemeet. Jaarlikse neerslae beloop in sommige dele van die land meer as 700  mm per jaar, maar kan in droër streke soos vlaktes ietwat minder as 500  mm wees. Die meeste reën val tussen Mei en Junie. Mis kom op meer as 100 dae per jaar voor. Bergwinde waai orals in die land, terwyl swaar storms gewoonlik net in die lente en somer voorkom.

Meer as 'n derde van Nagorno-Karabakh is bebos. Die land is die natuurlike habitat van meer as 2 000 plantspesies, waarby die plantegroei van tipiese halfwoestyn-spesies in die steppegebiede tot Alpynse en tundra-plante bo die boomgrens in die hooglande en berggebiede wissel.
== Eksterne skakels ==
{{CommonsKategorie|Nagorno-Karabakh Republic|Republiek van Nagorno-Karabakh}}
; Media
* [http://www.youtube.com/watch?v=qX4b4eyEwI8 ''youtube.com: Video oor Artsakh, met musiek van Ara Gevorgjan'']

; Amptelike webtuistes
* [http://www.nkr.am/en/ ''Departement van Buitelandse Sake'']
* [http://www.nkrusa.org/ ''Kantoor van die Republiek van Nagorno-Karabakh in Washington, DC'']