Verskil tussen weergawes van "Soewereiniteit"

1 379 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
===Wêreldinstellings===
Sedert dekolonisasie is amper die hele wêreld in soewereine state verdeel. Bodin se soewereiniteit idee is een van die magtigste politieke idees ter wêreld. Dit beteken nie dat die ou keiserlike China of Japan nie soewereine entiteite sou gewees het nie. Hierdie ryke het egter ook gebiede wat hulle nie regstreeks bestuur het nie, maar meer indirek bestuur deur huldeblykbetalings en dies meer. Dit bestaan nie meer in die moderne wêreld nie. Na buite is die grens van die staat gevestig en binne daardie gebied is daar 'n staatsapparaat wat alles tot met daardie grens beheer. As daar gebiede binne daardie grens is wat 'n sekere mate van selfbestuur het, is dit gewoonlik 'n [[federasie]]. As [[onafhanklikheid]] nie gereguleer word nie, kan jy nie net die grens oorsteek nie. Daar kom wel wettelose gebiede of stamgemeenskappe voor. In teorie is die grens van die staat ‘egter heilig’.
 
===Uitsonderings===
Hoewel soewereiniteit die aanvaarde manier is om die wêreld in state te deel, is die praktyk dikwels meer kompleks. Daar is steeds gebiede wat nie regtig as soewereine state beskryf kan word nie, maar wat bestaan en 'n vorm van eie regering het.
 
Die [[Republiek China]] (wat dikwels ook Republiek China op Taiwan, Nasionaal-China of slegs Taiwan genoem word) is een van twee Chinese state wat daarop aanspraak maak dat hulle die regmatige verteenwoordiger van China is (die ander een is die [[Volksrepubliek China]]).
 
‘n Ander uitsondering is [[Puerto Rico]]. Hierdie land is tans nie 'n staat van die [[Verenigde State]] van Amerika nie, maar dit is deel daarvan: 'n [[protektoraat]]. Vir die buitewêreld is 'n ander soewereine staat die gesag oor die gebied. Inwaarts is dit outonoom. Ook hier blyk dit dat soewereiniteit nie so ondubbelsinnig is soos wat dit lyk nie en maak die genoemde aspekte van soewereiniteit plooibaar.
 
Nog 'n uitsondering is die [[Europese Unie]]. In die Europese Unie het soewereine state besluit om sekere administratiewe aangeleenthede gesamentlik te betuur. Die individuele state delegeer daardeur deel van hul soewereiniteit aan 'n ander instelling, wat self nie soewerein is in die sin van 'n erkende staat nie. Nietemin gebruik hierdie instelling soewereiniteit na binne oor die uitgekontrakteerde beleidsterreine.
 
== Bron ==
19 611

wysigings