Verskil tussen weergawes van "Soewereiniteit"

geen wysigingsopsomming nie
 
Nog 'n uitsondering is die [[Europese Unie]]. In die Europese Unie het soewereine state besluit om sekere administratiewe aangeleenthede gesamentlik te betuur. Die individuele state delegeer daardeur deel van hul soewereiniteit aan 'n ander instelling, wat self nie soewerein is in die sin van 'n erkende staat nie. Nietemin gebruik hierdie instelling soewereiniteit na binne oor die uitgekontrakteerde beleidsterreine.
 
===Ander vorme van staatsbestuur===
Nog 'n vorm van staatsadministrasie wat in Europa as 'n eweknie en voorloper van die soewereine staat bekend geword het, is 'n [[susereiniteit]] .Susereiniteit is die heerskappy van 'n soewereine staat oor 'n ten dele selfstandige staat. Die term is oorspronklik gebruik om die verhouding tussen die [[Ottomaanse Ryk]] en sy omliggende gebiede te beskryf. Dit verskil van soewereiniteit in die opsig dat dit slegs beperkte selfregering bied, onderhewig aan reëls wat aan hulle opgelê is.
 
== Bron ==
19 660

wysigings