Verskil tussen weergawes van "Hadeïkum"

913 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
==== Jakobium ====
;Omtrent 150 miljoen jaar
Die Jakobium is vernoem na die Jack Hills van Australië waar van die oudste gesteentes gevind is.<ref name="Goldblatt" /> Die oudste gesteentereste betref [[zirkoon]] wat as detrale korrels in 'n Argeïese afsettingsgeteente van omtrent 3,050 Ga in Jack Hills, Wes-Australië aangetref word. Die korrels is deur verwering van 'n baie ouer gesteente ontstaan en met U/Pb-datering (die verhouding <sup>207</sup>Pb/<sup>206</sup>Pb) kan bepaal word hoe oud 'n korrel is. Honderdduisende korrels is so bepaal. Die meeste lewer 'n ouderdom van 4,000 tot 4,050 miljard jaar, maar van hulle is so oud as 4,400 Ga. [[Suurstofisotoopanalise]] wys dat die korrels op die droë land ontstaan het.<ref>The oldest terrestrial mineral record: thirty years of research on Hadean zirkon from Jack Hills, Western Australia {{Outeur|Aaron J. Cavosie, John W. Walley Simon A. Wilde}} Hoofstuk 12 van: Earth's Oldest Rocks
Die Jakobium is vernoem na die Jack Hills van Australië waar van die oudste gesteentes gevind is.<ref name="Goldblatt" />
{{Outeur|Martin J. van Kranendonk, Vickie Bennett, Elis Hoffmann}} Elsevier, 2018, ISBN 0-444-63902-0, ISBN 978-0-444-63902-8</ref>
 
;Omtrent 200 miljoen jaar
Oseane het begin om te vorm toe die temperatuur van die atmosfeer tot 350&nbsp;<sup>o</sup>C afgekoel het, omdat die druk van die atmosfeer dalk baie hoog was en dit hoofsaaklik uit [[koolstofdioksied|{{chem|C|O|2}}]] bestaan het. Hoe lank hierdie heet broeikas bestaan het is nie duidelik nie, maar dit word op 100 miljoen jaar beraam omdat eers die subduksie van karbonate die koolstofdioksied uit die atmosfeer verwyder het.<ref name="Sleep">[https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC2869525/ The Hadean-Archaean Environment {{Outeur|Norman H. Sleep}} Cold Spring Harb Perspect Biol. 2010 Jun; 2(6): a002527. doi: 10.1101/cshperspect.a002527]</ref>
Volgens die berekenings van Sleep (2007) het omtrent 4,37 miljard jaar gelede (200 miljoen jaar ná die begin) reeds gebiede bestaan wat se oseaanwater koel genoeg wat om lewe 'n kans te bied. Die soutgehalte was waarskynlik amper twee keer so hoog as vandag omdat sout nog nie as steensout begrawe was, maar dit is moeilik om te bepaal. <ref name="Sleep" />
 
Die atmosfeer van die afkoelende planeet was reduserend van aard, maar dit het stadig verander omdat vulkanisme [[waterstof]] en sy verbindings met koolstof, stikstof en suurstof vrystel en hulle ongehinderd die boonste lae van die atmosfeer kon bereik. Waterstof is -saam met helium- lig genoeg om uit die planeet se swaartekragveld te ontsnap. Hierdie proses se spoed moet duisend keer so hoog gewees het as dit vandag is en geleid tot 'n hoër relatiewe voorkoms van suurstof. Dit het die oksidasie van elemente in hulle lae [[oksidasietoestand]]e in die gesteentes en hulle verwering en erosie moontlik gemaak. Hierdie proses het tot ver in die Argeïkum voortgeduur.<ref>[https://link.springer.com/chapter/10.1007/978-3-319-21972-1_9 Evolution of the Atmosphere During the Hadean and Archean {{Outeur|George H. Shaw}} Earth's Early Atmosphere and Oceans, and The Origin of Life. SpringerBriefs in Earth Sciences. Springer, Cham; ISBN 978-3-319-21971-4]</ref>
22 781

wysigings