Verskil tussen weergawes van "Martin Melck"

4 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
(Uitleg van bronteks)
Toe Martin voet aan wal gesit het, was hy in 'n statige VOIK-uniform van swaar donker wolstof uitgevat wat soldate gewoonlik self moes koop en betaal, met blink geelkoperknope, rooi sokkies en 'n hoed met 'n een-duim-breë goue band. Aan die Kaap het VOIK-soldate nie noodwendig militêre pligte uitgevoer nie. Dikwels het die Kompanjie die werkvermoë van sy militêre personeel aan burgers verhuur en is soldate as plaaswerkers na boerderye gestuur of het in myne gewerk.
 
Martin is kort ná sy aankoms aan Johann Philipp Giebeler verhuur om enkele maande as voorman op sy plaas ''[[Elsenburg]]'' te werk. Op 1 September 1746 is Melck as mynwerker na 'n silwermyn teen die suid-oostelike hellings van Simonsberg gestuur. Hy het later vir 'n kort rukkie na ''Elsenburg'' teruggekeer om vervolgens as voorman op Jacob Cloete se plaas ''Nooitgedacht'' te werk. Al was die werk hard, is soldate van verblyf en kos voorsien. Martin het twaalf gulden per maand verdien, drie gulden meer as wat die Kompanjie betaal het.<ref>[http://www.muratie.co.za/home/our-history/martin-melck/?id=28 ''muratie.co.za: Martin Melck. Besoek op 19 Junie 2013'']</ref>
 
=== Vryburger en sakeman ===