Verskil tussen weergawes van "Groepsdruk"

30 grepe verwyder ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
No edit summary
Daar is heelwat navorsing gedoen oor groepsdruk se uitwerking op kinders en tieners, en in die populêre diskoers word die term meestal in die konteks van daardie ouderdomsgroepe gebruik. Die algemene navorsingstemas wanneer dit by kinders kom, is hul vermoë om onafhanklik besluite te neem, terwyl navorsing onder adolessente grootliks op die uitwerking wat groepsdruk op seksuele gedrag en dwelmmisbruik het fokus. Groepsdruk kan individue van alle etniese groepe, geslag en ouderdomme egter beïnvloed. Dit word nie meer bloot gedurende persoonlike interaksie uitgeoefen nie, maar ook op digitale platforms. Sosiale media bied geleenthede vir adolessente en volwassenes om groepsdruk op ʼn daaglikse basis te ervaar. Navorsing dui daarop dat nie net individue nie, maar ook organisasies soos groot korporasies, vatbaar is vir groepsdruk, soos die druk van ander maatskappye in hul bedryf of van die hoofkantoor.
 
== Kinders en adolessente ==
'''Kinders'''
Nabootsing speel ʼn belangrike rol in kinders se lewens. In hul soeke na vaardighede en tegnieke om in hul eie lewens toe te pas, hou kinders die gedrag en gesindhede van die mense rondom hulle fyn dop. Kinders is van jongs af bewus van hul posisie in die sosiale hiërargie: hulle onderwerp hulle instinktief aan volwassenes se oordeel en die meerderheid se opinie.
 
Selfs klein kindertjies is vatbaar vir groepsdruk, maar daardie druk kan ook gebruik word om positiewe verandering mee te bring.
 
== Adolessente ==
'''Adolessensie'''
Adolessensie is die tyd wanneer 'n persoon die vatbaarste vir groepsdruk is, omdat portuurgroepe tydens adolessensie 'n belangrike invloed op gedrag uitoefen. Kinders wat hierdie tydperk betree word vir die eerste keer bewus van die ander mense rondom hulle en besef die belangrikheid van persepsie in hul interaksies. Die invloed van groepsdruk onder jongmense is die duidelikste sigbaar met betrekking tot styl, smaak, voorkoms, ideologie en waardes. Groepsdruk word algemeen met risikogedrag geassosieer, omdat hierdie soort gedrag gewoonlik in die geselskap van portuur plaasvind. Affiliasie met vriende wat risikogedrag toon kan ʼn adolessent se eie gedrag beïnvloed en voorspel. Groepsdruk kan egter ook 'n positiewe uitwerking hê wanneer die portuurgroep positiewe gedrag aanmoedig, soos vrywilligerswerk of akademiese prestasie. Die belangrikheid van portuurgroepe neem af wanneer volwassenheid bereik word.
 
430

wysigings