Verskil tussen weergawes van "Korrosie"

1 856 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
k (sjabloon verwyder en opskrif vir verysings verander)
Lokale korrosie beteken dat metaalvelies nie algemeen verspreid is nie. Die plekke waar korrosie dan wel voorkom is 'n swak plek in een of ander opsig soos lokale samestelling of vorm of beide.
 
Korrosie kan egter ook voorkom sonder metaalverlies. In die geval van waterstof verbrossing duffendeerdiffundeer waterstof tot in die metaal en reageer met die die koolstof in die staal wat die staal sterkte gee. Die koolstof word omgeskakel na metaan en kom uit oplossing uit die metaal. Die staal verloor sy sterkte en kan swig onder die druk in die proses. Om dit te bekamp word klein hoeveelhede Cr en Mn bygevoeg.
 
== Korrosie in waterige media ==
Waterige media verwys na oplossing wat genoeg water en opgeloste stowwe bevat sodat die medium elektriese stroom kan gelei. 'n Elektries geleidende medium is 'n voorvereiste vir elektrochemiese vorms van korrosie. In hierdie gevalle kan 'n stroombaan ontstaan waarvan een deel in die geleidende medium vloei tussen 'n anode en 'n katode is en die ander deel in 'n elekriese verbinding tussen die anode en die katode. Die anode en katode op dieselfde metaal of verskillende metale wees en kan ook gedurig van posisies verander. Die korrosie (roes) van yster staaf wat by 'n drom vol reenwater uitsteek is 'n tipiese voorbeeld van [[Elektrochemiese sel|elektrochemiese]] korrosie. By die oppervlak van die water is die konsentrasie van opgeloste suurstof uit die atmosfeer tipies hoog omdat die water daar in direkte kontak met die suurstof is. Waar die yster staaf by die water uitsteek is die volgende elektrochemiese reaksie tipies op die metaal oppervlak plaas
 
O<sub>2</sub> + 2H<sub>2</sub>O + 4e<sup>-</sup> ↔ 4OH<sup>-</sup>
 
Die elektrone vir die vorming van die hidroksied anione word verskaf deur yster wat in oplossing gaan:
 
Fe ↔ Fe <sup>2-</sup> + 2e<sup>-</sup>
 
Die oppervlak waar die yster elektrone afgee word die [[anode]] genoem. Die yster(ii) anione gaan in oplossing en die elektrone vloei in die metaal na die [[katode]] waar die elektrone deur die [[suurstof]] en water opgeneem word.
 
Die reaksie waardeur yster elektrone verloor word ook 'n [[oksidasie]] reaksie genoem en die reaksie waardeur water en suurstof elektrone opneem word die [[reduksie]] reaksie genoem.
 
Deur die konsentrasies van yster, suurstof en hidroksied in oplossing te meet, kan voorspel word of die reaksie sal plaasvind of nie duer gebruik van die lys van standaard reduksie potensiale en die Nernst vergelyking.
 
== Verwysings ==
3

wysigings