Verskil tussen weergawes van "Oxford"

64 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
}}
 
'''Oxford''' [ˈɒksfərd] is 'n stad in suidelike [[Engeland|Sentraal-Engeland]]. Dit dien as die administratiewe setel van die seremoniële graafskap [[Oxfordshire]] waarin dit 'n distrik vorm. Oxford is een van die snelste groeiende stede in die [[Verenigde Koninkryk]], met 'n bevolking van 154 600 binne die stadsgrense en 244 000 in die metropolitaanse gebied. Die bewoners van Oxford word in [[Engels]] ''Oxonians'' genoem.
 
Die stad het 'n diverse ekonomiese basis met motorvervaardiging, uitgewerye, opvoedkundige instellings, inligtingstegnologie en ander wetenskapsgebaseerde bedrywe. Oxford staan internasionaal veral bekend as setel van die [[Universiteit van Oxford]], die oudste in die land en die [[Engels]]sprekende wêreld.