Verskil tussen weergawes van "JavaScript"

2 396 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
Kenmerke en Sintaks afdelings bygevoeg
(Kenmerke en Sintaks afdelings bygevoeg)
 
Javascript was eers net gebruik deur weblesers maar was verder ontwikkel om ook werk vir die bediener te doen (veral deur Node.js).
 
== Kenmerke van JavaScript ==
 
=== Universele ondersteuning ===
Alle moderne weblesers ondersteun Javascript. Voorheen moes gebruikers in die <script> tag aandui watter taal gebruik word, maar dit is nie meer nodig nie.
 
=== Taalstruktuur ===
JavaScript ondersteun baie van die standaardstrukture vanuit C (if-stellings, while-lusse, switch-stellings ens.). Dit verskil wel met die omvang van veranderlikes (met ander woorde waar in die kode veranderlikes/funksies sinvolle betekenis het). Soos C is daar onderskeid tussen uitdrukkings en stellings.
 
=== Dinamiese datatipes ===
JavaScript se veranderlikes se datatipes word dinamies toegeken. Die tipe word afgelei vanaf die waarde van 'n veranderlike eerder as 'n uitdrukking. Om 'n veranderlike gelyk te stel aan 'n getal en daarna aan 'n "string" is heeltemal geldig. Javascript ondersteun verskeie maniere om die datatipe van voorwerpe te bepaal, insluitend Duck Typing.
 
== Sintaks ==
Veranderlikes in JavaScript kan gedefineerd word met die ''var, let'' of ''const'' sleutelwoorde.<syntaxhighlight lang="javascript">
var x; // Skep die veranderlike x en stel dit gelyk aan "undefined"
var y = 2; //Skep die veranderlyke y en stel dit gelyk aan 2
var z = "Goodbye World!"; //Skep die veranderlike z en stel dit gelyk aan 'n string wat die karakters "Goodbye World!" bevat
</syntaxhighlight>Kommentaar in Javascript word aangedui met twee vorentoe skuinsstrepe.
 
Daar is geen ingeboude intree/uittree funksionaliteit in JavaScript nie, aangesien die loop-tyd omgewing dit voorsien.
 
Meeste loop-tyd omgewings het 'n ''console-''voorwerp wat uitree kan lewer. Gewoonlik in weblesers kan gebruikers die console sien deur F12 te druk. Onder volg 'n basiese ''Hello World'' program in JavaScript.<syntaxhighlight lang="javascript">
console.log("Hello World!");
</syntaxhighlight>'n Eenvoudige rekursiewe funksie: <syntaxhighlight lang="javascript">
function faktoriaal (n) {
if(n === 0) {
return 1;
}
return n * faktoriaal(n - 1);
}
faktoriaal(3); //Sal 3 * 2 * 1 terug stuur -> 6
</syntaxhighlight>'n Anonieme funksie (of lambda): <syntaxhighlight lang="javascript">
function teller() {
var telling = 0;
return function() {
return telling++;
};
}
 
var closure = teller();
console.log(closure()); //Print 1
console.log(closure()); //Print 2
console.log(closure()); //Print 3
</syntaxhighlight>
 
== Gebruik op webblaaie ==
95

wysigings