Verskil tussen weergawes van "Geneesmiddel"

6 grepe verwyder ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
Die wangebruik van geneesmiddels kom algemeen voor. Sommige pasiënte verhoog die dosis sonder om 'n geneesheer daaroor te raadpleeg, en dit lei gewoonlik tot nadelige newe-effekte. Geneesmiddels kan ook te lank gebêre word, of dit word soms deur 'n leek by 'n ander persoon aanbeveel wanneer dit Iyk of hy dieselfde simptome het. Sommige geneesmiddels mag nie saam met [[alkohol]] ingeneem word nie, omdat dit die werking van die geneesmiddels gevaarlik kan versterk. 'n Persoon se vermoë om 'n motor te bestuur, kan ook deur die gebruik van geneesmiddels benadeel word deurdat dit duiseligheid, moegheid of motoriese afwykings kan veroorsaak. Dit kan ook gebeur dat 'n dokter middels voorskryf wat nie nodig is nie of dat 'n verkeerde kombinasie van genees middels voorgeskryf word. Die risiko dat so 'n verkeerde kombinasie voorgeskryf kan word, word vergroot wanneer 'n pasiënt verskillende [[dokter]]s tegelykertyd raadpleeg.
 
== '''Bronnelys''' ==
Wêreldspektrum, Volume 8, bl.12-13, <nowiki>ISBN 090840941 9</nowiki>
 
1 440

wysigings