Verskil tussen weergawes van "Boheme"

4 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
Boheemse kristalglas, wat tradisioneel sedert die 16de eeu veral in Noord- en Wes-Boheme vervaardig word, geniet wêreldfaam. So versier Boheemse kroonlugters en geslypte glasprodukte soos wyn- en brandewynglase, vase, flesse en houers al eeue lank Europese paleise en welvarende huishoudings. Daarnaas word ook juweliersware van glas vervaardig.
 
Boheemse glas is van hoë gehalte. Vir sierglas word gewoonlik suiwer kwartssand en potas gebruik. Die laasgenoemde bestanddeel kan deur groter hoeveelhede loodoksied vervang word; so word na dié soort sierglas ook as loodkristal verwys. Egte Boheemse loodkristal behoort 'n minimum-inhoud van 24 persent lood te bevat, terwyl glasblasers ook besonderse metodes vir sy vervaardiging inspan. Hierdie sierglas is weens sy hoë [[brekingsindeks]] baie geskik vir diepslyping en graveerwerk en stel glasslypers in staat om gesofistikeerde versierings te skep. Invallende ligstrale word in die kleure van 'n reënboog gebreek. Die klank van loodkristal-drinkglasies, wat teen mekaar gestoot word, klink daarnaas besonders aangenaam.<ref>[https://www.westwing.de/boehmische-glaeser/ ''Westwing Warenkunde: Böhmisches Glas. Besoek op 28 Junie 2017'']</ref>
 
Kwartssand word in Boheme veral in die [[Boheemse Woud]] of Šumava-bergstreek (Duits: ''Böhmerwald'') in die grensgebied met Beiere aangetref sodat dié gebied die historiese bakermat van Boheemse loodkristal was. Die belangrikste sentrum van Boheemse glasblasery is egter in 'n ander bergreeks geleë, die Jizera (Duits: ''Isergebirge'') wat deel uitmaak van die groter Sudete-bergreeks. Ook hier word groot hoeveelhede kwartssand ontgin, net soos anderkant die grens in die Beierse bergreekse Bayerischer Wald (Beierse Woud) en Oberpfälzer Wald. Belangrike glasblaserye is in albei streke gesetel, veral omdat die bosryke berggebiede glasblasers ook van oudsher van groot hoeveelhede potas (kaliumkarbonaat) en hout kon voorsien. Die laasgenoemde is as brandhout vir glasoonde benodig.<ref>[https://www.westwing.de/boehmische-glaeser/ ''Westwing Warenkunde: Böhmisches Glas. Besoek op 28 Junie 2017'']</ref>
22 781

wysigings