Verskil tussen weergawes van "Boheme"

4 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
Die belange van die Duitssprekende minderheid in Wes-Boheme, die Sudete-Duitsers, was vir [[Nazi-Duitsland]] 'n voorwendsel om die jong republiek, wat sedert [[Adolf Hitler]] se magsoorname as 'n toevlugsoord vir baie politieke vlugtelinge gedien het, te destabiliseer. Die Tsjeggiese regering se beleid teenoor etniese minderhede was soms omstrede weens sy nasionale eensydigheid. So is talle Duitssprekende boere as gevolg van 'n grondhervorming in 1919 onteien, en ingevolge die taalwet van 1926 is sowat 30 000 Duitssprekende amptenare weens hul gebrekkige kennis van Tsjeggies uit die staatsdiens ontslaan en skole met Duits as onderrigmedium gesluit. Ekonomies het die jong republiek egter betreklik goed gevaar sodat dit ook deur die etniese minderhede gesteun is. Partye, wat Duitssprekendes verteenwoordig het, was deel van koalisieregerings.
 
Eers die [[Groot Depressie]], wat in 1929/30 begin het, het Tsjeggoslowakye in 'n ernstige krisis gedompel. Baie Duitssprekendes was geneig om te radikaliseer. In die algemene Tsjeggiese verkiesing, wat op 19 Mei 1935 gehou is, het twee derdes van die Sudete-Duitse kiesers vir die Sudete-Duitse Party (SdP) onder leiding van Konrad Henlein gestem wat as buitelandse tak van Hitler se [[Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty]] opgetree het - ondanks die feit dat hulle in 'n funksionerende demokrasie met onafhanklike media en 'n goed georganiseerde politieke opposisie geleef het.<ref>[https://www.welt.de/geschichte/article163760246/Sudetendeutsche-lebten-in-Demokratie-und-waehlten-Hitler.html Sven Felix Kellerhoff: ''Sudetendeutsche lebten in Demokratie – und wählten Hitler''. In: ''welt.de'', 17 April 2014. Besoek op 27 Junie 2017]</ref> Die SdP was die grootste party in die Tsjeggoslowaakse parlement. In sy Karlsbad-program van 24 April 1938 het die party vir omvattende outonomie vir die Sudete-Duitse gebiede gepleit - 'n onaanvaarbare eis vir die Praagse regering. Die politieke geskil tussen regering en SdP het vir Hitler 'n gunstige geleentheid gebied om met 'n inval te dreig. Duitse troepe het langs die grens met Tsjeggoslowakye saamgetrek, en ook Praag het begin om sy weermag te mobiliseer.
 
In 'n laaste poging om die dreigende oorlog af te weer, het die [[Verenigde Koninkryk]] en [[Frankryk]] op 29 September 1938 die Ooreenkoms van München met Hitler gesluit waarvolgens Tsjeggoslowakye gedwing is om grensgebiede, wat deur Sudete-Duitsers bewoon is, aan die Duitse Ryk af te staan. Tsjeggiese verteenwoordigers was nie betrokke by dié ooreenkoms nie. Boheme en Morawië het 'n halfjaar later, op 15 Maart 1939, Duitse protektorate geword nadat die Tsjeggiese regering onder Hitler se druk moes swig.