Verskil tussen weergawes van "Leliefontein"

817 grepe bygevoeg ,  13 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(Nuwe blad: == Leliefontein == Leliefontein is 'n klein sendingstasie-dorpie wat ongeveer 29 kilometer vanaf Kamieskroon in die Kamiesberge geleë is. Die dorpie het blykbaar sy naam gekry van die ...)
 
 
Die dorpie het blykbaar sy naam gekry van die wit lelies , met botaniese naam ''Androcymbium citiolatum'' maar algemeen bekend as die "Bobbejaanskoen" of "Patrysblom" , wat in die maande Augustus tot Oktober deel is van die Namakwalandse blommeprag.
 
In Januarie 1902 het die dorpie deel gehad aan die Anglo-Boereoorlog toe Kommandant Manie Maritz die dorp besoek het om 'n proklamasie te bedien op die destydse Bruin inwoners omdat hulle beskuldig was van sameswering met die Engelse soldate teen die Boerekrygers . Die leier van die Basters , soos wat Maritz na die inwoners verwys het , het na bewering vir Maritz met 'n kierie geslaan en dit het tot 'n geveg gelei waartydens van die inwoners gedood was .
 
Die Boere-krygers onder Maritz se bevel het die volgende dag , 28 Januarie 1902 , teruggekeer en in die daaropvolgende geveg was nog ongeveer agt en twintig van die inwoners doodgeskiet. Die name van 36 gesneuweldes verskyn op 'n plaket wat aangebring is in die Metodistekerk op die dorpie. Die kerkgebou is ook as 'n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.
11

wysigings