Verskil tussen weergawes van "Jan Schutte"

4 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
 
== Laaste jare ==
Die heengaan van sy eggenote, Takkie (geb. De Klerk), met wie hy eers op taamlik gevorderde leeftyd getroud is, was vir hom 'n groot slag. Hy het die jare daarna in taamlike afsondering deurgebring. En na die einde toe het hy heeltemal stil geword. Familie wat hom 'n paar weke voor sy oorlye vir oulaas besoek het, het dit vertel. Prof. Buys skryf: "Die spraaksame man van vroeër, wie se lewe byna die hele twintigste eeu oorspan het, praat nie meer 'n woord nie. Hy sit maar net daar soos iemand wat op die tydsame vertrek van 'n trein wag. Hy was nie siek nie. Net geheel en al uitgeleef. En toe het hy, soos die Bybelse [[aartsvaders]], maar net stilweg ontslaap. Ons sal sy welluidende stem en aansteeklike lag nooit weer hoor nie."
 
== Galery: Meerdere vergaderings ==