Verskil tussen weergawes van "Klassisisme"

8 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
(Nuut geskep)
 
 
Hoewel die skrywers wat tot die beweging behoort het, 'n voorkeur getoon het vir die bizarre en die gekunstelde, het hulle die klassieke norme vir maat en komposisie in hulle werk toegepas. Aanvanklik was die "préciosité" 'n sosiale verskynsel. In die salonne het daar ʼn toenemende gevoel van verset gekom teen die ondergeskikte rol wat die vrou in die huwelik gespeel het en dit het gepaard gegaan met ʼn hernieude idealisering van die liefde en die strewe na uiters verfynde omgangsvorme.
 
Hierdie verfyning kon ook in die literatuur waargeneem word. Die werklike Klassisisme het veral in die tydperk tussen 1660 en 1680 ontwikkel. In die tyd het die belangrikste tragedies van [[Jean Racine]], die belangrikste komedies van Molière en die fabels van [[Jean de La Fontaine]] verskyn. Die skrywers stem ooreen in hul bewondering vir die Klassieke, waaruit baie van hulle beginsels geneem is. 'n Literêre kunswerk moes die menslike natuur, die enigste waarheid wat die publiek kon behaag, weergee.
 
Bowendien moes 'n werk ook algemeen moralisties wees. Volgens Boileau was daar 'n "absolute skoonheid" wat net die klassieke skrywers reg benader het. Om dieselfde ideaal te kon bereik, moes die digter hom in alle opregtheid laat lei deur die voorbeeld van die Klassieke Oudheid en sy eie gevoelens ondergeskik stel aan die werking van die rede. Dit was die taak van die digter om die mens weer te gee soos hy in wese is, sonder om 'n abstrakte model van hom te maak.
Anonieme gebruiker