Verskil tussen weergawes van "Teems"

73 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
[[Lêer:Teemsrivier naby Canary Wharf.jpg|duimnael|links|Die Teemsrivier in [[Canary Wharf]], Londen]]
[[Lêer:Thames Estuary - geograph.org.uk - 1165267.jpg|duimnael|links|Teemsmonding naby [[Southend-on-Sea]] in [[Essex]]]]
Die '''Teems''' ([[Engels]]: ''River Thames'', dikwels net ''Thames''; na dele van die rivierloop word - so in [[Oxford]] - as ''Isis'' verwys) is 'n rivier wat deur suidelike [[Engeland]] vloei, asook deur [[Londen]], om uiteindelik in die [[Noordsee]] uit te mond. Die rivier is een van die hoofwaterweë in Engeland.
 
Met die hoogtepunt van die laaste [[ystydperk]], sowat 12 000 jaar gelede, is groot hoeveelhede water as gevolg van lae temperature in ysmassas omgeskep sodat die [[seevlak]] wêreldwyd gedaal het. Die suidelike [[Noordsee]] is in droë land verander, die sogenaamde Doggerland, en die [[Britse Eilande]] het met die huidige Europese vasteland duisende jaar lank 'n samehangende landmassa gevorm. In hierdie tyd was die Teems baie groter as wat hy vandag is en sy bron heelwat verder weswaarts in die omgewing van die huidige [[Wallis]]. Die rivier het toe deur Doggerland gevloei, tot dit by die [[Ryn|Ryn-river]] aangesluit het. Die twee riviere was dus eens op 'n tyd deel van dieselfde rivierstelsel.