Verskil tussen weergawes van "Teems"

559 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Etiket: 2017-bronwysiging
== Ontstaan ==
Met die hoogtepunt van die laaste [[ystydperk]], sowat 12 000 jaar gelede, is groot hoeveelhede water as gevolg van lae temperature in ysmassas omgeskep sodat die [[seevlak]] wêreldwyd gedaal het. Die suidelike Noordsee is in droë land verander, die sogenaamde [[Doggersland]], en die [[Britse Eilande]] het met die huidige Europese vasteland duisende jaar lank 'n samehangende landmassa gevorm. In hierdie tyd was die Teems baie groter as wat hy vandag is en sy bron heelwat verder weswaarts in die omgewing van die huidige [[Wallis]]. Die rivier het toe deur Doggersland gevloei, tot dit by die [[Ryn|Ryn-river]] aangesluit het. Die twee riviere was dus eens op 'n tyd deel van dieselfde rivierstelsel.
 
== Oorsprong ==
Die oorsprong van die Teemsrivier bly omstrede. Moontlik ontspring die rivier onder 'n groot esboom in 'n veld naby Trewsbury Mead, geleë suid van Cirencester teen die rand van die Cotswold Hills. Sommige deskundiges beweer sy oorsprong is in 'n ander veld enkele myl vanaf Trewsbury Mead geleë, naby Seven Springs in die parogie Coberley. Die laasgenoemde is egter heel waarskynlik die oorsprong van die Churnrivier wat naby Cricklade in die Teems uitmond.<ref>Jonathan Schneer: ''The Thames: England's River''. London: Abacus 2005</ref>
 
{| class="toccolours" style="float: left; margin-left: 0em; margin-right: 1em; font-size: 85%; background:#e0e8ff; color:black; width:30em; max-width: 40%;" cellspacing="5"
|}
{{clear}}
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}