Wladimir Majakofski: Verskil tussen weergawes

k
geen wysigingsopsomming nie
kNo edit summary
Etiket: 2017-bronwysiging
kNo edit summary
Etiket: 2017-bronwysiging
Majakofski was aanvanklik 'n entoesiastiese aanhanger van die [[Russiese Rewolusie (1917)|Russiese Rewolusie]] en die nuwe Sowjetbewind. Vanaf die laat 1920's het Majakofski egter begin om openlik kritiek uit te spreek teen negatiewe ontwikkelinge en misstande in die Sowjet-samelewing, veral die toenemende burokrasie, soos beskryf in sy satiries-fantasties-utopiese drama Клоп (Die wandluis, 1929).<ref>[http://www.spiegel.de/spiegel/print/d-45140035.html ''Der Spiegel, 2 Mei 1962: Majakowski - Tauwetter 1979. Besoek op 8 Desember 2018'']</ref> Siekte en teleurstellings in sy privaat lewe het - net soos die kritiek en druk van die kant van literatuur-funksionarisse - 'n skaduwee oor sy lewe gegooi. Op 14 April 1930 het Majakofski sy eie lewe geneem.<ref>[https://www.deutschlandfunkkultur.de/der-sowjetische-dichter-wladimir-majakowski-tod-eines.3720.de.html?dram:article_id=356559 ''Deutschlandfunk | Deutschlandfunk Kultur: Der sowjetische Dichter Wladimir Majakowski - Tod eines Optimisten. Besoek op 9 Desember 2018'']</ref>
 
[[Josef Stalin]] het na Majakofski in 1935 verwys as die Sowjettydperk se "beste en mees begaafde digter".<ref>[http://www.spiegel.de/spiegel/print/d-42624112.html ''Der Spiegel, 11 Februarie 1959: Majakowski - Schwitzbad in Berlin. Besoek op 9 Desember 2018'']</ref> Sy verheffing tot die Sowjetunie se kwasi-amptelike digter was vir westerse literatuurwetenskaplikes rede genoeg om Majakofsi se werk grotendeels te ignoreer - ondanks sy sterk invloed op ander digters. Die eerste Majakofski-biografie, wat buite die Sowjetunie gepubliseer is, was Bengt Jangfeldt se ''Med livet som insats : berättelsen om Vladimir Majakovskij och hans krets'' wat in 2007 in [[Swede]] verskyn het en in 2015 in [[Engels]] vertaal is.<ref>[http://www.complete-review.com/reviews/divbiog/mayakovsky.htm#basic ''Complete Review: Mayakovsky by Bengt Jangfeldt. Besoek op 9 Desember 2018'']</ref>
{{clear}}
== Verwysings ==