Verskil tussen weergawes van "Filloksera"

33 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
Verbeter
(Verbeter)
'''Filloksera''' is ‘n wingerdsiekte wat deur die druifluis ''Phylloxera vastatrix'' veroorsaak word. Die luise teer op die wortels van die wynstok ''Vitis vinifera'' waardeur die [[plant]] mettertyd sterf.
 
==Plaag==
Die luis filloksera is ‘n mikroskopies klein [[insek]]. Dit is eiervormig en dof geel tot bruin van kleur. Dit het ‘n komplekse lewenssiklus van tot 18 fases waarin die luise in die laaste fase wegvlieg en versprei. Gevleuelde eksemplare se vleuels is twee maal so lank as hul liggaam. Die pote en spriete van die luis is kort en skaars sigbaar. Hulle leef op die wortels en blare van die wingerdplant. In die wortels veroorsaak dit ‘n vervorming. ‘n Gevolglike swaminfeksie sny die vloei van die sappe van die wortels na die blare af. Die groei van die plant in die somermaande stop gouer as by gesonde plante en die kleur van die blare verander na ‘n dowwe groen en later na geel. Mettertyd sterf die wingerdplant.
 
==Geskiedenis==
Engelse plantversamelaars het ‘n wingerdstok besmet met filloksera uit [[Noord-Amerika]] ingevoer. Aan die ooskus van die VSA is die inheemse wingerde weerstandig teen die luis. Daarteenoor is die Europese wyndruif ''Vitis vinifera'' juis weer baie vatbaar vir die luis. Laat in die 19de eeu vernietig filloksera byna alle wingerde in [[Europa]]. Dit versprei vinnig oor die hele vasteland. Veral [[Frankryk]] word swaar getref en duisende mense verloor hul werk.
 
==Enting==
Omvangryke navorsing is onderneem om ‘n metode te vind om die filloksera te smoor en die verspreiding teen te gaan. Geen doeltreffende bestrydingsmiddel is al gevind nie. Alle pogings om die lewenssiklus van die luis te onderbreek, het misluk, want die plantluis is uiters aanpasbaar aan veranderinge en op geen stadium is ‘n volgende fase afhanklik van die voorafgaande fase vir sy voortplanting nie. Die kruising van die Europese wyndruif met die weerstandige Amerikaanse druif was geen sukses nie, want die Amerikanse druif het ‘n smaak wat nie vir die Europeërs aanvaarbaar is nie. Beroking met [[koolstofdioksied]] e.a. middels was onsuksesvol. So ook was die bespuiting van aangetaste plante met petroleum of die gebruik van allerlei ander doepas nie geslaagd ienie. Die enigste oplossing was om die Europese wingerdplante te ent op die wortelstokke van die weerstandige Amerikaanse spesies ''Vitis berlandieri'', ''V. ripara'' of ''V. rupestris''. Dit was ‘n groot sukses en met reg kan gesê word dat as die Amerikaanse wortelstokke nie beskikbaar was nie, sou die wynbedryf gevestig op die ''V. vinifera'' vandag nie meer bestaan het nie. Wel word beweer dat wyn vervaardig van druiwe geoes van ‘n geënte wingerdstok net nie dieselfde kwaliteit het as wyn van druiwe afkomstig van ‘n wingerdstok wat op sy eie wortels gegroei het. Wingerde in die staat [[Washington]], [[Chili]], [[Ciprus]] en die grootste deel van [[Australië]] is nie deur die luis aangeval nie. Daar is bevind dat ‘n hoë persentasie sand in die grond die verspreiding van die luis teenwerk.
 
==Suid-Afrika==