Verskil tussen weergawes van "Londen"

7 796 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
Wysigings deur 2003:C3:E72A:2F00:BCD8:157A:87F9:612A teruggerol na laaste weergawe deur Iluvatar
k (Wysigings deur 2003:C3:E72A:2F00:BCD8:157A:87F9:612A teruggerol na laaste weergawe deur Iluvatar)
Etiket: Terugrol
Die oostelike stadsdele, wat twee eeue lank op nywerhede en die hawe gesteun het, het sedert die 1980's hul oorspronklike werkersklaskarakter toenemend kwytgeraak. Stadsvernuwing is deur 'n aantal vlagskipprojekte soos die ontwikkeling van die Lea Valley as die toneel van die [[Olimpiese Somerspele 2012|Olimpiese Somerspele in 2012]] teweeg gebring.<ref>{{en}} Zehner/Wood (2010), bl. 79</ref>
 
=== Trekpleister vir toeriste en beleggings ===
I don't speak u language but I'm writing u.
[[Lêer:Old Street Roundabout, Londen.jpeg|duimnael|Na ''Old Street Roundabout'' word dikwels as ''Silicon Roundabout'' of ''East London Tech City'' verwys]]
Nadat visavereistes vir Chinese toeriste deur die Britse regering verslap is, het in 2013 'n rekordgetal van 16,8 miljoen besoekers na Londen gestroom – 'n styging van nege persent teenoor die vorige jaar. Londen het sodoende die gewildste toeristestad ter wêreld geword – nog voor [[Bangkok]] (15,9 miljoen besoekers), Parys (13,9 miljoen) en New York (11,9 miljoen). Volgens die nasionale statistiekburo ONS het toeriste ₤12,7 miljard (€13,7 miljard) vir hul hotelverblyf, restaurantbesoeke, inkopies en toere bestee – meer as die €13,4 miljard wat besoekers in 2013 in New York bestee het.<ref>{{de}} [http://www.welt.de/wirtschaft/article127826495/London-sticht-jede-andere-Stadt-der-Welt-aus.html ''Die Welt, 9 Mei 2014: London sticht jede andere Stadt der Welt aus. Besoek op 9 Mei 2014'']</ref>
 
Londen se aantreklike eiendomsmark, wat goeie waarde vir 'n belegging bied, en relatief lae belastingtariewe wek die belangstelling van buitelandse beleggers. Veral welvarende sakelui uit die Russiese Federasie, die Nabye en die [[Midde-Ooste]] asook ander dele van Asië belê miljoene in eiendomme en stig nuwe ondernemings in die Britse hoofstad. Terwyl die sogenaamde ''Silicon Roundabout'' ('n bynaam vir ''Old Street Roundabout'') in [[Shoreditch]], waar baie Britse internet-ondernemings saamgetrek is, intussen ook aantreklik geword het vir buitelandse ondernemings uit die hoëtegnologiebedryf, belê ondernemings uit die [[Verenigde State van Amerika|Verenigde State]] en die [[Volksrepubliek China]] miljarde in nuwe bouprojekte.
I don't speak u language but I'm writing u.
 
Chinese beleggers was in Mei 2014 by projekte ter waarde van meer as ₤3 miljard betrokke, waaronder die historiese Royal Albert Docks wat deur die Chinese maatskappy ''ABP'' in 'n moderne besigheidspark omgeskep word, en 'n nuwe hotel in Nine Elms, wat deur die Chinese ''Wanda''-groep teen 'n koste van ₤700 miljoen opgerig word.
 
=== Die Londense ekonomie en kultuurbedryf ná die Brexit-referendum ===
[[Lêer:London - The Gherkin & Canary Wharf.jpg|duimnael|Londen se hoogs ontwikkelde finansiële netwerk is nie beperk tot indrukwekkende kantoortorings nie. Die foto wys ''The Gherkin (30 St Mary Axe)'' (op die voorgrond) en Canary Wharf (in die agtergrond)]]
Op 23 Junie 2016 het 'n algehele meerderheid van Britse kiesers (51,9 persent) hulle teen die Verenigde Koninkryk se voortgesette lidmaatskap in die Europese Unie uitgespreek. Al het kiesers in Londen merendeels (met sowat 60 persent) ten gunste van die status quo gestem (in kiesafdelings in die middestad is die hoogste persentasies stemme ten gunste van 'n voortgesette lidmaatskap aangeteken<ref>{{en}} [https://www.theguardian.com/cities/2017/jan/23/post-brexit-london-economic-self-sabotage Tom Campbell: ''Can post-Brexit London survive as Europe's cultural and financial capital?'' In: ''The Guardian'', 23 Januarie 2017. Besoek op 5 Februarie 2017]</ref>), sal Londen se ekonomie – en hier veral die banksektor – deur die sogenaamde [[Brexit]] geraak word. So het sommige banke gedreig om werkgeleenthede na die Europese vasteland uit te plaas, terwyl ook beleggers besorgd is oor die Britse finansiële bedryf se ekonomiese vooruitsigte aangesien dit dreig om die sogenaamde EU-paspoort vir finansiële instellings te verloor – die reg vir banke en ander instellings met setel in Londen om finansiële produkte, wat aan EU-regulasies onderworpe is, in die hele Europese Unie aan te bied.
 
Londen se finansiële sektor het egter in die vroeë 21ste eeu 'n merkwaardige transformasie ondergaan. Die Britse hoofstad is een van min finansiële spilpunte in Europa waar duisende nuwe ondernemings, sogenaamde ''FinTechs'' ('n afkorting van ''financial technology''), 'n grootskaalse omwenteling in die bankbedryf begin het. Min van dié ondernemings bied finansiële produkte aan wat aan regulasie onderworpe is. Digitalisering en desentralisering staan sentraal in nuwe sakemodelle waarin tradisionele groot bankondernemings soos Goldman Sachs deur innovatiewe sagteware vervang word. So word na Londen intussen as die "Silicon Valley van die bankbedryf" verwys. 'n Newe-effek van dié datagedrewe omwentelingsproses is die potensiële uitskakeling van bedrieglike transaksies.<ref>{{de}} [http://www.spiegel.de/wirtschaft/soziales/brexit-folgen-frontalangriff-auf-londons-banken-a-1100834.html ''www.spiegel.de, 3 Julie 2016: Brexit-Folgen: Frontalangriff auf Londons Banken. Besoek op 5 Julie 2016'']</ref>
 
Behalwe sy rol as Europa se finansiële spilpunt, handhaaf Londen hegte ekonomiese en kulturele bande met die Europese vasteland. Meer as 'n vyfde van Europa se grootste ondernemings het hul hoofkwartier in die Britse hoofstad, terwyl ook byna 'n miljoen burgers van EU-lidstate hulle hier gevestig het.<ref name="Campbell 2017">{{en}} Campbell (2017)</ref> Londen se ontwikkeling tot 'n ekonomiese spilpunt vir Europa het gepaard gegaan met sy reputasie as kulturele sentrum. Volgens Paul Owens, direkteur van die ''World Cities Cultural Forum'' (wat gegewens oor meer as dertig metropole op ses vastelande verskaf), is die stad se breë kulturele aanbod ongeëwenaar – nie net vanweë sy omvang nie, maar ook danksy sy verskeidenheid en dinamisme – dit kombineer eersterangse museums, kunsgalerye en ander instellings met 'n media- en vermaakbedryf wat op die wêreldmark gerig is, en 'n groot breinpoel van kreatiewe entrepreneurs en kunstenaars asook 'n florerende naglewe.<ref name="Campbell 2017"/>
 
Met 'n mannekragbasis van 'n halfmiljoen, 'n jaarlikse omset van £34 miljard en 'n groeikoers wat twee keer so groot is as dié van die ekonomie as geheel is die kreatiewe bedryf 'n belangrike rolspeler in die hoofstadekonomie. Nogtans is dit aangewese op diversiteit en buitelandse werknemers. Dieselfde geld vir Londen se onderwyssektor wat van die stad die onbestrede Europese spilpunt vir navorsing en akademiese opleiding maak. Londen se veertig universiteite en ander akademiese instellings met altesaam 400&nbsp;000 studente (waarvan sowat 'n kwart uit die buiteland) dra met 'n jaarlikse omset van £7 miljard by tot die nasionale ekonomie.<ref name="Campbell 2017"/>
 
== Vervoer ==
Na aanleiding van 'n aantal jubileums wat in 2014 gevier is – die ikoniese Routemaster-bus se 60ste, die RT-tipe-bus se 75ste en die wêreld se eerste massavervaardigde bus, die B-tipe of ''Battle Bus'' (wat sy naam aan die troepe te danke het wat dit gedurende die Eerste Wêreldoorlog na die frontlinies vervoer het) se 100ste bestaansjaar – het ''Transport for London'' en die ''London Transport Museum'' dié jaar tot die Jaar van die Bus verklaar. 'n Verskeidenheid uitstallings en ander aktiwiteite het die belangrike rol, wat Londen se busse vir die mobiliteit, sosiale vooruitgang en groeiende ekonomie van die Britse hoofstad gespeel het.
 
=== Lughawens ===
I don't speak u language but I'm writing u.
[[Lêer:London airports rail.png|duimnael|Heathrow is die enigste van Londen se vyf lughawens wat sedert 1977 per moltrein (''Piccadilly Line'') bereik kan word. Die ander lughawens word per trein of bus met die middestad verbind]]
Die Britse hoofstad is een van die grootste lugspilpunte ter wêreld en word deur altesaam vyf lughawens bedien ('n verdere lughawe, [[Lughawe Londen-Southend|London Southend]], is oos van die metropool geleë). Saam hanteer hulle meer passasiers en bedien hulle meer internasionale roetes as enige ander lugspilpunt.
 
Behalwe vir [[Lughawe Londen-Heathrow|Heathrow]] en [[London City-lughawe|London City Airport]] is alle lughawens buite Groter Londen geleë. Heathrow is tans die wêreld se besigste lughawe waar die bestaande kapasiteit al jare lank oorbelas word, terwyl die meeste internasionale roetes vanaf [[Lughawe Londen-Gatwick|Gatwick]] bedien word. [[Lughawe Londen-Stansted|Stansted]] is 48&nbsp;km noordoos van Londen. Die ''Not For Tourists Guide to London 2015'' is allesbehalwe gaande oor Luton-lughawe: ''"...calling Luton Airport an 'Airport' is pushing it: the reality is it's one huge shit pit that airplanes depart and arrive from occasionally."''<ref>{{en}} ''Not For Tourists Guide to London 2015''. 7de uitgawe. New York, NY: Skyhorse Publishing 2015, bl. 402</ref>
 
Strawwe mededinging het 'n soort paradys vir Londense toeriste laat ontstaan – hulle betaal tans van die laagste vlugpryse ter wêreld. Dieselfde geld egter – met uitsondering van sekere Europese roetes – nie vir vlugte na Londen nie.
 
== Argitektuur ==
286

wysigings