Verskil tussen weergawes van "Cappuccino"

8 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
[[Lêer:Cappuccino Chiang Mai.JPG|duimnael|'n Koppie cappuccino. Bekwame [[barista]]s bedien hul cappuccino met prentjies in die melkskuim]]
 
'''Cappuccino''' is 'n [[Italië|Italiaanse]] [[koffie]]bereiding, oorspronklik afkomstig uit [[Wene]], die koffiehoofstad van [[Europa]], waar sterk mokkakoffie met 'n lagie slagroom (''Schlagobers'' in [[Oostenrykse Duits]]) bedien is. Na hierdie bereiding is verwys as ''Kapuziner'' - blykbaar omdat die slagroomlagie baie op die helderbruin kleredrag van monnike uit die Kapusyne-orde gelyk het. Gedurende die [[Eerste Wêreldoorlog]] het hierdie koffiebereiding danksy Oostenrykse soldate ook in Italië gewild geraak. Met die ontwikkeling van espressomasjiene, wat die drank met hoë stoomdruk kon berei, het cappuccino in sy moderne ligte vorm - met melkskuim in plaas van slagroom - een van die gunstelingdranke in Italiaanse koffiehuise en restaurante geword.<ref>[https://www.coffeecircle.com/de/b/cappuccino-zubereitung ''Coffeecircle.com: Was genau ist ein Cappuccino? Besoek op 26 Desember 2018'']</ref>
 
Cappuccino bestaan uit melkskuim, [[melk]] en [[espresso]] (sterk koffie). Soms word daar ook [[cacao]]poeier of [[kaneel]] oor gestrooi.