Verskil tussen weergawes van "De Aar"

564 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
Etiket: 2017-bronwysiging
k
}}
 
'''De Aar''' is die derde grootste nedersetting in die provinsie [[Noord-Kaap]], in die suidweste van [[Suid-Afrika]], met 'n bevolking van omtrent 42,000 mense.<ref name=census2011 /> Die dorp is 50&nbsp;km oos van [[Britstown]]. Die ontwikkeling van De Aar gaan hand-aan-hand met die groei van die spoorweë en stoomtreine. Spoorlyne van die [[Wes-Kaap|Wes-]] en [[Oos-Kaap]], [[Gauteng]], [[Zimbabwe]] en [[Namibië]] kom hier bymekaar. Die [[N10 (Suid-Afrika)|N10]] nasionale pad gaan deur De Aar.
 
== Geskiedenis ==
Die eerste plase in De Aar is reeds gedurende [[1837]] opgemeet. Een van die plase is De Aar genoem omrede dit 'n sterk ondergrondse wateraar gehad het. In 1899 het twee broers wat 'n handelswinkel en hotel gehad het by die kruising, Isaac en Wulf Friedlander, die plaas van De Aar gekoop. Ná die Anglo-Boereoorlog het die Friedlander-broers die land ondersoek vir die vestiging van 'n dorp. Die munisipaliteit is 'n jaar later geskep en in 1907 is Dr. Harry Baker, die eerste burgemeester van die dorpe, verkies.
 
=== Spoorweë ===
Die spoorlyn het De Aar gedurende [[1881]] bereik. Die [[Kaapse Regeringspoorweë]] het die plaas De Aar gekoop om die rangeerwerf en stasiegebou te huisves. <ref>Burman, Jose (1984). ''Early Railways at the Cape''. Kaapstad. [[Human & Rousseau]], p.62. ISBN 0-7981-1760-5</ref> Dit is die tweede belangrikste spoorwegkruising in die land, geleë tussen [[Kaapstad]] en [[Kimberley]]. Die aansluiting was van besondere strategiese belang vir die Britte tydens die [[Tweede Vryheidsoorlog]]. Die dorp - wat eers Brounger-aansluiting geheet het - het uit die stasie ontwikkel.
 
Die elektrifisering van die spoorlyne tussen Kaapstad en [[Johannesburg]] het beteken dat [[stoomtrein]]e uitgefaseer word en het De Aar se agteruitgang bewerkstellig.
== Distrik ==
Die distrik is 3&nbsp;300&nbsp;km<sup>2</sup> groot en is bekend vir merino- en saalperdstoeterye. [[Olive Schreiner]] het van [[1907]] tot [[1913]] in De Aar gewoon.
 
== Boorlinge ==
*[[Olive Schreiner]], outeur, gewoon in De Aar, maar haar huis in verander in 'n restuarant.
 
== Sien ook ==
{{commonscat|De Aar}}
* [[NG gemeente De Aar]]
* [[Gereformeerde kerk De Aar]]
* [[Lys van dorpe in Suid-Afrika]]
 
== Bronne ==
* [[Op Pad in Suid-Afrika]]. [[B.P.J. Erasmus]]. 1995. p. 311. ISBN 1-86842-026-4
{{Verwysings}}
 
== Eksterne skakels ==
* [http://www.deaarenvirons.co.za/ngkerk/ Die geskiedenis van De Aar se NG gemeentes.] URL besoek op 26 Julie 2013.
* http://www.deaar.co.za/
 
== Bronne ==
* [[Op Pad in Suid-Afrika]]. [[B.P.J. Erasmus]]. 1995. p. 311. ISBN 1-86842-026-4
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
{{Geografiese ligging
}}
 
{{Saadjie}}
{{Suid-Afrikaanse distriksmunisipaliteit navbox|DC7}}