Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

2 788 grepe bygevoeg ,  9 maande gelede
Byvoeging
Ideologieë word soms deur hulle posisie in die politieke spektrum geïdentifiseer. Voorbeelde hiervan is linkse, sentrum en regse politiek. Hierdie definisies is egter meestal omstrede. Ideologieë moet onderskei word van politieke strategieë (soos [[populisme]]) en enkele kwessies waarom 'n party gebou is (soos die wettiging van [[dagga]]).
 
Daar is baie kommentators wat beweer dat ons vandag in 'n post-ideologieiese era leef,<ref>Bell, D. ''The End of Ideology: On the Exhaustion of Political Ideas in the Fifties (2000) (2de ed.). Cambridge, Mass: Harvard University Press, pbl. 393''</ref> waarin verlossende en alles-omvattende ideologieë misluk het. Die sienswyse word dikwels met [[Francis Fukuyama]] se skrywes oor die "einde van geskiedenis" geassosieer.<ref>Fukuyama, F. (1992) ''The End of History and the Last Man.'' USA: The Free Press, xi</ref>
 
== Begripsgeskiedenis ==
Die begrip is die eerste keer deur die [[Franse]] verligtings filosoof Antoine Destutt de Tracy gebruik, wat daarmee die wetenskap van idees bedoel. Vandaar word "ideoloog" 'n sinoniem vir [[filosoof]], die selfbenaming van die intellektuele van die [[Verligting]].<ref>Bart Tromp, ''De wetenschap der politiek'', DSWO, 1993, bl. 245</ref>
 
Die negatiewe konnotasie van die begrip ideologie kan toegeskryf word aan [[Napoleon Bonaparte]], wat na sy veldtog na [[Rusland]] die skuld van sy nederlaag aan die ideoloeë toeskryf. [[Karl Marx]] en [[Friedrich Engels]] gebruik die ideologiebegrip ook in negatiewe sin, veral ten opsigte van die Duitse ideologie, as teendeel van die [[materialisme]] en [[wetenskap]]. Ideologie sluit dan in godsdienstige en ander versteurings waardeur die mens nie bewus is van sy sosiaal-ekonomiese situasie nie. Marx en Engels het geen uitgebreide teorie van die verbreeding van ideologie nagelaat nie; hulle navolgers het egter diverse teorieë ontwikkel.
 
By [[Vladimir Lenin]] word ideologie weer 'n neutrale begrip. By elke klas hoort volgens hom 'n regte ideologie wat die belange van die klas weerspieël. Omdat die werkersklas sy sosialistiese ideologie nie volledig ontwikkel het nie, moet die voorhoede party dit onder die arbeiders verbreed.
 
Ander outeurs wat binne die tradisie van die [[Marxisme]] oor ideologie nagedink het is [[Antonio Gramsci]] (hy fokus op 'hegemonie') en [[Louis Althusser]]. Ook die kritieke teorie is verbind aan die ideologiebegrip van die [[Westerse Marxisme]], wat daarop dui dat die heersende klas 'n dominante [[kultuur]] onderhou wat ook deur die onderliggende klasse omarm word. In hierdie betekenis is verwant aan begrippe soos kultuur en diskoers, belangrike begrippe in die postmoderne filosofie.
 
'n Soortgelyke, maar nie-normatiewe analise van ideologie is te vind by die positivis Theodor Geiger. Geiger se begrip van ideologie is so breed, dat hy daar byna elke normatiewe uitspraak daaronder beskou.
 
Nicholas Abercrombie and Bryan Turner het op 'n probleem in die teorie van 'n heersende ideologie gewys. Volgens hulle kan ten eerste die [[Christendom]], deurgaans beskou as dominante ideologie in die [[feodalisme|feodale era]], moeilik die ideologie van die boereklasse gewees het, omdat die kerk die grootste moeite moes doen om selfs deelname aan die [[nagmaal]] aan te moedig. Dieselfde probleem doen hom voor by die individualisme, wat in die vroeë [[kapitalisme]] veral by die opkomende (maar nog nie dominante) burgery leef, nie by die [[proletariaat]] nie.<ref>https://www.jstor.org/stable/589886|titel=The Dominant Ideology Thesis deur Nicholas Abercrombie|medeouteurs=Bryan S. Turner 1978, The ''British Journal of Sociology'' 29(2):149-170</ref>
 
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
{{Saadjie}}
 
{{Normdata}}
{{nl-vertaal|Ideologie}}
 
[[Kategorie:Ideologie| ]]
9 612

wysigings