Verskil tussen weergawes van "Napels"

123 grepe verwyder ,  1 jaar gelede
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Etiket: 2017-bronwysiging
[[Lêer:Eq it-na pizza-margherita sep2005 sml.jpg|duimnael|Pizza Margherita]]
[[Lêer:Sfogliatelle.JPG|duimnael|Sfogliatelle]]
Baie van die disse wat internasionaal as eg Italiaans beskou word het hulle oorsprong in Napels, terwyl die populariteit hiervan nie noodwendig deur alle Italianers gedeel word nie. Die kulinêre tradisie in Italië is nog altyd sterk streekgebonde wat veroorsaak dat bepaalde dinge wat in Napels geëet word, nêrens anders in die land gevind kan word nie, en wanneer dit beskikbaar is, ook nog waarskynlik heeltemal anders voorberei word. Vir die Napolitani is kos een van die grootste vreugdes in die lewe, en dit is byna onmoontlik om nie heerlik te eet tydens 'n besoek aan die stad nie. Kos is oral op straat te vinde, daar is letterlik honderde klein bakkerytjies wat elke dag duisende vars pizzas en borde pasta opdis. Ook nie vreemd dat dit amper verpligtend is om dit "te geniet" as jy in Napels in 'n [[restaurant]] by 'n tafel aansit nie!
 
'n Tipiese Italiaanse ete bestaan uit ''antipasto'' (voorgereg), ''primo piatto'' (pasta/pizza), ''secondo piatto'' (vleis/groente), ''dolci'' ([[roomys]]/koek), koffie en likeur. Deur Napels se ligging aan die [[Middellandse See]] en die warm klimaat, word die kos sterk deur hierdie faktore beïnvloed. Daar is byvoorbeeld altyd 'n oorvloed aan seekos aanwesig, hetsy as antipasti (gemarineerde [[ansjovis]], seekatslaai, mossels met swart peper, vars seekos-slaai) of as hoofgereg (spaghetti met klein mosseltjies in die skulp, [[kabeljou]] en calamari).