Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

 
== Geskiedenis ==
Die eerste muur wat verband hou met die Groot Muur dateer waarskynlik vanaf die sewende eeu v.C. In die tydperke van Lente en Herfs ensowel Periodeas die tydperk van die Strydende State is China verdeel in 'n aantal mededingende ryke wat defensiewe hindernisse langs hul grense gebou het. Hierdie is gewoonlik opgerig met behulp van die arbeidsintensiewe boutegnieke van die vasgestampte grond, waar die [[klei]] en grond saamgepers word in 'n massiewe massa. Onder die bedreiging van die Xiongnu en ander noordelike steppe-volke het die verdedigingsmure van die ryke Zhao, Yan en Qin vanaf die vierde eeu v.C. 'n sistematiese karakter begin aangeneem.
 
Qin Shi Huangdi het uiteindelik alle mededingende state verower en in 221 v.C. China onder sy heerskappy verenig. Die grootste bouprojek tydens die elfjarige regering van hierdie megalomaniese keiser was om die mure op die noordelike grens te verenig en te versterk. Nog 'n groot projek was die konstruksie van sy eie [[mausoleum]] in [[Xi'an]] met die beroemde [[Terracottaleër]]. Die opofferings wat die mense tydens die bewind van Qin Shi Huangdi moes maak was egter so groot dat die mense ná sy dood opstandig geword het en sy dinastie moes plek maak vir die [[Han-dinastie]], wat meer as vier eeue sou regeer. Die Han-heersers het die Groot Muur verder uitgebrei, maar in die eeue wat daarna volg, het die verdedigingskompleks verval.
Hierdie situasie het verander toe die Mongole in 1368 deur die outonome [[Ming-dinastie]] uitgedryf is. Die stigter van hierdie dinastie, Zhu Yuanzhang (1368-1398), het opdrag gegee om 'n langer en sterker muur as voorheen te bou. Die eerste Ming-keisers het gereeld besluit op 'n offensiewe strategie teen die Mongole, maar dit het verander na die groot nederlaag in Tumu in 1449. Esen tajsj, die leier van die Oirat-Mongole, het 'n groot Chinese leër verslaan en die Ming-Keiser Zhengtong gevang. Esen tajsj het sy gyselaar 'n jaar later vrygelaat omdat die Chinese geweier het om die losprys te betaal. 'n Nuwe keiser het Zhengtong se plek op die troon geneem. Ná hierdie debakel was daar nie meer offensiewe optrede deur die Chinese in die [[Steppe]]-gebied nie en die Ming-dinastie was daarop ingestel om die Groot Muur uit te brei en te versterk.
 
'n Deurlopende verdedigingslyn van sowat 6 300 kilometer is gebou van die Hexi-korridor in [[Gansu]] tot die Golf van Bohai en die Yalu-rivier op die grens met [[Korea]]. Die gebied is in nege streke verdeel onder leiding van 'n militêre bevelvoerder, wat aan die keiserlike minister van verdediging gerapporteer het. Elke streek het sy eie fort en strategiese passe. Van meer as 1000 forte en wagtoringwagtorings word beman. Die wagposte was in kontak met mekaar met die gebruik van rookseine. Die Groot Muur was gemiddeld een en 'n half meter breed en vyf meter hoog.
 
Die Muur het tientalle hekke, wat gebruik word vir die streng gereguleerde handel met die Steppe-volke. Die oostelike hek is Shanhaiguan op die Golf van Bohai, die westelike hek is Jiayuguan in die prefektuur met dieselfde naam. Hierdie laaste hek is gereeld deur reisigers op die Syroete gebruik.
 
Uiteindelik het die Groot Muur die Ming-dinastie nie gered nie. Aan die begin van die sewentiende eeu het die [[Mantsjoe]] in die noordooste 'n toenemende bedreiging veroorsaakgebied, terwyl binnelandse opstande die gesag van die Ming-dinastie ondermyn het. In 1644 het die opposisie Li Zicheng [[Beijing]] beset, waarna die laaste Ming-keiser Chongzhen homself in 'n boom in die Jingshan-park in die [[Verbode Stad]] opgehang het. Verskeie Ming-generaals het na die Mantsjoes gegaanoorgeloop en die Groot Muur opby Shanhaiguan geopen. Die Mantsjoe verower die hele China en stig die [[Qing-dinastie]], die laaste imperiale dinastie van China. Onder hulle heerskappy het die Chinese grense in die noorde en weste grootliks uitgebrei en het die Groot Muur sy militêre funksie verloor.
 
<gallery>
9 612

wysigings