Verskil tussen weergawes van "Industriële Revolusie"

k
thumb → duimnael
(Uitleg van bronteks)
k (thumb → duimnael)
[[Lêer:Maquina vapor Watt ETSIIM.jpg|thumbduimnael|regs|300px|’n Watt-stoomenjin. Die stoomenjin het die Industriële Revolusie in Brittanje en elders ingelei.]]
 
Die '''Industriële Revolusie''' (ook bekend as die '''Nywerheidsrevolusie''' of '''Nywerheidsomwenteling''') het omstreeks [[1750]] begin in [[Engeland]], toe nog die magtigste ryk op aarde. Dit het behels dat goedere al hoe minder met die hand gemaak is, maar eerder met [[masjien]]e in groot [[fabriek]]e. Die Industriële Revolusie het later ook na baie ander lande versprei en kan uiteindelik ’n "revolusie" (enorme omwenteling) genoem word omdat dit die hele wêreld en die doen en late van alle mense vir altyd verander het.
 
== Algehele begrip ==
[[Beeld:Cottonopolis1.jpg|thumbduimnael|300px|[[Manchester]] in Engeland ("Cottonopolis") in 1840 met sy talle fabriekskoorstene.]]
 
Wanneer daar in ’n breë sin na die "Industriële Revolusie" verwys word, is dit gerieflik om dit in ’n aantal eras in te deel. Die datums is by benadering, en verskeie van die tydvakke oorvleuel mekaar. Elk is genoem na die vernaamste soort brandstof, produk of kragbron wat dit gekenmerk het of nog steeds kenmerk.
 
== Die industrialisasie van Engeland ==
[[Beeld:Spinning jenny.jpg|thumbduimnael|links|Die ''spinning jenny'' is een van die uitvindsels wat die Industriële Revolusie moontlik gemaak het.]]
 
Die eerste ontwikkeling wat die tekstielbedryf heeltemal sou verander, was John Kay se uitvinding in [[1733]] van die [[skietspoel]], ’n toestel wat die weefproses aansienlik bespoedig het. Dit het egter nog nie werklik vinniger vervaardiging beteken nie, want die wewers moes steeds wag vir die gespinde drade, wat nog net so stadig as voorheen vervaardig is.
 
== Die stoomenjin ==
[[Beeld:coaltub.png|thumbduimnael|’n Jong "trekker" trek ’n steenkoolwaentjie in ’n myn.<ref name="From Coal Mine Upwards: or Seventy Years of an Eventful Life">{{Cite book |last1= Dunn |first1= James |author1-link= |title= From Coal Mine Upwards: or Seventy Years of an Eventful Life |year= 1905 |isbn=1-4344-6870-4}}</ref> Engeland het eindelik in 1842 en 1844 wette aanvaar wat werktoestande in die myne verbeter het.]]
 
Stoomkrag is die eerste keer in die nywerheidswese gebruik toe die stoompomp in die vroeë 18de eeu gebruik is om water uit myne te verwyder. [[James Watt]], ’n Skotse uitvinder en meganiese ingenieur, het daarop voortgebou en sy masjien het die ontwerp geword waarop alle moderne stoomenjins geskoei is.
 
== Vervoer en kommunikasie ==
[[Beeld:Rakeman – First American Macadam Road.jpg|thumbduimnael|260px|links|Die bou van die eerste macadampad in Amerika (1823). Op die voorgrond breek werkers klippe sodat dit die regte groote en gewig het.<ref name="rakemanPainting">[http://www.fhwa.dot.gov/rakeman/1823.htm "1823 – First American Macadam Road"] (skildery – Carl Rakeman) VSA-departement van vervoer – Federal Highway Administration (URL besoek op 10 Oktober 2008)</ref>]]
 
In die middel van die 17de eeu was die enigste hoofweë in Engeland dié wat die [[Romeinse Ryk|Romeine]] 14 eeue tevore daar gebou het. Maar met die nywerheidsontwikkeling het ’n goeie vervoerstelsel noodsaaklik geword en in die laat 1700's is met ’n padbouprogram begin. Mense soos [[John Metcalf]], ’n blinde wat die gawe besit het om die geskikte roetes vir paaie met behulp van sy kierie aan te dui, en die twee Skotte [[Thomas Telford]] en [[John McAdam]] (uitvinder van die [[macadampad]]) het eintlik die moderne padnetwerk begin.
398 811

wysigings